Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Meer as R21 mjd. met eWallet gestuur
Pieter Woodhatch, uitvoerende hoof van FNB Easy. Foto: Verskaf

Gebruikers het in die 12 maande tot einde Junie meer as R21 miljard met FNB se eWallet-funksie gestuur.

Dit is ’n toename van 41% vergelyke met die vorige jaar.

FNB-kliënte kan met eWallet geld aan enige Suid-Afrikaner stuur, selfs al het hulle geen bankrekening nie.

“Ons navorsing wys dat daar steeds ’n groot gaping is in die mark as dit kom by ’n oplossing vind vir die bankbehoeftes van gebruikers sonder bankrekeninge,” sê Pieter Woodhatch, uitvoerende hoof van FNB Easy.

Volgens FNB is die R21 miljard deur meer as ses miljoen aktiewe eWallet-beursies gegenereer waarvan byna twee miljoen gereeld gebruik word.

FNB meen eWallet bied ’n belangrike alternatief tot tradisionele bankrekeninge, veral vir Suid-Afrikaners wat nie geredelik toegang tot banke kan kry nie weens hul ligging.

FNB se digitale beursie is beskikbaar vir enigiemand met ’n selfoon, nie net ’n slimfoon nie.

Kliënte kan ook ’n eie mobiele bankrekening by FNB open waaruit hulle daagliks R3 000 kan onttrek of R24 000 per maand.

Dié mobiele rekening kan egter nie debietorders hanteer nie.

Meer oor:  Fnb  |  Bankbedryf  |  Tegnologie  |  Bankwese
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.