Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Meer mense luister nou musiek op Spotify

Al hoe meer mense luister musiek met Spotify in lande waar die Covid-19-krisis besig is om te taan.

Spotify is een van die wêreld se grootste musiekstromingsdienste wat die getal betalende intekenare betref. Foto: Unsplash

In sy resultate vir die kwartaal tot einde Junie het dié Sweedse musiekstromingsdiens Woensdag gesê die getal ure wat intekenare per dag na musiek luister, is in die meeste dele van die wêreld weer op dieselfde vlak as voor die pandemie en in sommige gevalle selfs hoër.

Net in Latyns-Amerika, waar die pandemie nog pandemonium veroorsaak, is die gemiddelde getal ure van musiek wat gestroom word nog 6% laer as vroeër vanjaar.

Spotify se totale getal intekenare (gratis sowel as betalende intekenare) is 29% meer as ’n jaar gelede. In geheel is 299 miljoen mense tans op die diens ingeteken waarvan 138 miljoen (27% meer op ’n jaargrondslag) daarvoor betaal.

Ondanks die skerp toename in die getal betalende intekenare beloop Spotify se bedryfsverlies vir die tydperk onder oorsig €167 miljoen. Dit is hoofsaaklik te wyte aan ’n skerp daling van 25% in advertensie-inkomste.

Dié daling is in pas met wat ander maatskappye ook in die pandemie ervaar soos wat adverteerders hulle onttrek om koste te besnoei.

Sy totale inkomste vir die kwartaal is darem 2% hoër as die voorafgaande kwartaal en beloop nou €1,9 miljard.

Spotify bied nou toegang tot meer as 60 miljoen liedjies, wat dit een van die grootste musiekstromingsdienste maak.

Die maatskappy het ook begin om aggressief in sy eksklusiewe aanbod van podsendings te belê.

Dit sluit in ’n voorlesing van die eerste boek in die Harry Potter-reeks deur van die akteurs wat in die fliekweergawe daarvan verskyn het.

Spotify hoop steeds om teen die einde van die jaar 153 miljoen betalende intekenare te hê, maar hy verwag tog dat hy in die laaste kwartaal vanjaar ’n verlies van minstens €45 miljoen gaan ly.

Hy het reeds dubbeld soveel betalende intekenare as Apple Music.

Meer oor:  Apple Music  |  Spotify  |  Data  |  Apps  |  Musiek  |  Stromingsdienste  |  Musiekstromingsdienste  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.