Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Keer só dat DStv Now ‘uitbom’
Siya Kolisi tydens die Springbokke se onlangse wedstryd teen Namibië. Foto: Getty Images

Kykers wat wil keer dat DStv Now “uitbom” tydens ’n groot gebeurtenis soos ’n internasionale rugbywedstryd, moet verkieslik voor die tyd reeds aanmeld, vra MultiChoice.

Intekenare is reeds twee keer in sak en as gelaat toe DStv Now nie tydens die onlangse Wêreldbekerrugbywedstryde tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland en Suid-Afrika en Namibië wou werk nie.

Intekenare kon skynbaar nie op die stromingsdiens aanmeld om die wedstryd regstreeks op ’n selfoon of skootrekenaar te kyk nie.

Volgens MultiChoice, wat dae lank geswyg het oor die skynbare tegniese probleme met DStv Now, vorm ’n bottelnek tydens die aanmeldproses as soveel intekenare gelyktydig aan die begin van ’n wedstryd op die platform aanteken.

“As ’n reël raai ons intekenare aan om reeds vóór ’n belangrike program of gebeurtenis aan te meld,” sê MultiChoice in ’n verklaring.

LEES OOK: DStv sê jammer na probleme met Bokke se wedstryd

Nadat DStv Now vir twee agtereenvolgende rugbywedstryde probleme verskaf het, het sy tegniese span die probleme met die aanmeldproses aangepak en kon dit glo suksesvol oplos.

Die betaaldiens benadruk wel dat nie alle intekenare dieselfde probleme ervaar het nie, en dat die platform vir sommiges om ’n verskeidenheid ander redes nie gewerk het nie.

Dit sluit in probleme soos agterstallige rekeninge, gebrekkige internetverbindings en probleme met toestelle.

DStv Now as geheel het tydens geen wedstryd “gevou” nie, sê MultiChoice.

Die platform is ontwerp om outomaties aan te pas soos wat meer en meer kykers daarop aanmeld sodat daar geen onderbrekings ervaar word nie.

Volgens MultiChoice het “honderdduisende” mense gelyktydig tydens die onlangse rugbywedstryde op DStv Now probeer aanmeld wat die platform “tot sy uiterste en verder” gedryf het.

“Ons probeer voorsorg tref vir enige gebeurtenis, maar ons kry dit nie altyd reg nie.”

Danksy die verbeteringe aan sy stelsels behoort die bottelnek-probleem nie weer te gebeur nie. Tog word intekenare aangeraai om betyds aan te meld om probleme te vermy.

Meer oor:  Dstv  |  Multichoice  |  Tegnologie  |  Televisie  |  Dstv Now
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.