Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Microsoft ignoreer glo klagte van seksuele teistering
Verskeie vroue kla dat klagte van seksuele misdrywe by Microsoft geïgnoreer word. Foto: Getty Images

Verskeie vrouewerknemers by Microsoft beweer dat klagte van seksuele teistering en -diskriminasie by die maatskappy blatant geïgnoreer word.

Die nuusblad Quartz het verlede week uittreksels van 90 bladsye se getuienis van hierdie vroue gepubliseer, waarna Microsoft ingestem het om die verskeie sake te ondersoek.

Quartz het ’n interne stroom e-posse tussen vroulike kollegas bekom waarin hulle gevalle van seksuele misdrywe en diskriminasie onder mekaar bespreek.

Kathleen Hogan, hoof van menslike hulpbronne by Microsoft, het aangedui dat sy “persoonlik” al die bewerings in die e-posse sal ondersoek.

Die maatskappy beplan ook ’n terugvoersessie met personeel later vandeesmaand om die kwessies en die pad vorentoe te bespreek.

“Ons is ontsteld en hartseer om van hierdie ervarings te hoor,” sê Hogan.

“Ons moet beter doen.”

The Verge berig Microsoft is nie juis bekend vir die uitstekende wyse waarop hy klagte van seksuele teistering tot dusver hanteer het nie. Dokumente wat in 2018 by die hof ingedien is, wys dat Microsoft tussen 2010 en 2016 meer as 235 klagte van seksuele teistering en/of diskriminasie ontvang het.

Luidens die dokumente het die maatskappy net een saak as geldig beskou.

Vroulike ingenieurs by Microsoft het ook in 2015 ’n groepsgeding teen die maatskappy begin omdat hulle aanvoer hulle ontvang nie dieselfde salaris of behandeling as hul manlike kollegas nie.

Meer oor:  Microsoft  |  Seksuele Teistering  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.