Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Microsoft nou meer as $1 000 mjd. werd
Microsoft is nou meer as $1000 miljard werd. Foto: Getty Images

Microsoft se totale markwaarde het Donderdag die eerste keer meer as $1 000 miljard bereik.

In die proses het dié tegnologiemaatskappy die waardevolste maatskappy op die New Yorkse aandelebeurs geword.

Microsoft is nou meer werd as Apple en Amazon, sy twee grootste mededingers.

Microsoft se aandeelprys het skerp gestyg nadat die maatskappy sy beter as verwagte resultate uitgereik het.

Die maatskappy doen veral goed op die gebied van wolkdienste en die vooruitsig vir dié afdeling lyk ongelooflik goed, glo ontleders.

Microsoft se aandeelprys het Donderdag met 4% tot $129,84 toegeneem. Apple het terselfdertyd teen $205,91 per aandeel verhandel vir ’n totale markwaarde van $971 miljard. Amazon is tans sowat $939 miljard werd.

Albei hierdie maatskappye het al in die verlede die $1 000 miljard-kerf verbygesteek. – Reuters

Meer oor:  Microsoft  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.