Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Microsoft nou ook besorg oor Covid-19

Microsoft het kort op die hakke van ander tegnologiemaatskappye aangedui hy gaan ook nie meer sy verwagte inkomsteteikens hierdie kwartaal haal nie weens die invloed van Covid-19.

Die maatskappy se aandeelprys het Woensdag met meer as 1% gedaal nadat hy dié aankondiging gedoen het.

“Hoewel ons verwag die vraag na Windows-produkte gaan in ooreenstemming wees met ons verwagtinge, word ’n vertraging in die vervaardiging daarvan verwag,” sê die maatskappy in ’n verklaring.

Groot dele van China word tans deur die virus lamgelê.

Apple het ook vroeër vandeesmaand aangedui hy verwag nie om sy verkoopsteikens in die huidige kwartaal weens die virus te haal nie.

Daar word ook verwag dat hy sy nuwe iPhones eers later sal kan uitreik, omdat Apple se ingenieurs nie tans na China kan reis nie.

Microsoft is een van die wêreld se grootste tegnologiemaatskappye. Foto: Reuters

Apple reik gewoonlik rondom September nuwe iPhones uit. Sy ingenieurs reis reeds rondom Februarie na China om die vervaardiging daarvan met die fabrieke daar te bespreek.

Verreweg die meeste van Apple se iPhones word in China vervaardig.

Die uitbreking van Covid-19 beïnvloed reeds die verskaffing van iPhones wat tans te koop is. Apple het verlede week aangedui hy verwag eersdaags ’n tekort aan iPhones weens die agterstand in die vervaardiging daarvan in China.

Die maatskappy wou nie kommentaar lewer oor die moontlike langtermyninvloed wat die virus op sy produkte gaan hê nie.

Microsoft is eweneens bekommerd dat sy fabrieke in China nie betyds genoeg rekenaars sal kan vervaardig om aan die verwagte vraag te voldoen nie.

Vervaardiging van sy Surface-tabletrekenaar word reeds ernstig geraak, sê Microsoft. – Reuters, verwerk

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.