Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Microsoft Office, Teams ure lank van lyn af

Microsoft se Office-programme, insluitend die konferensiediens Teams, was Maandagnag ure lank van lyn af vir meeste gebruikers wêreldwyd.

’n Woordvoerder het bevestig dat dienste onderbreek is, maar nie uitgewei oor die oorsaak nie.

Outlook en OneDrive is ook geraak.

Die eerste tekens van probleme met Office 365 is deur die loop van Maandag op die webwerf Downdetector aangemeld.

Dit dui daarop dat die onderbreking ’n hele aantal ure geduur het voordat Microsoft se tegniese span ingegryp het.

Die probleem, wat dit ook al was, is intussen reggestel.

Office 365 sluit gewilde programme in soos Word, PowerPoint en Excel. Dié programme is ook aanlyn beskikbaar met ’n geldige intekening.

Teams is ’n kommunikasiediens wat met ander programme binne Office 365 kan integreer en is soortgelyk aan Slack.

Die onderbreking van Microsoft se dienste Maandag volg op ’n soortgelyke geval verlede week toe sommige van Google se dienste vir sy korporatiewe kliënte ook gelol het.

Onderbrekings met die dienste van Microsoft en Google is waarskynlik nou meer ontwrigtend omdat soveel mense steeds van die huis af werk en studeer.

Microsoft en Google se programmatuur word veral deur skole en ander opvoedkundige instellings gebruik om klasse aanlyn voort te sit.

Meer oor:  Google  |  Microsoft  |  Internet  |  Office 356  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.