Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Microsoft, Vodacom sluit vennootskap
Vodacom is steeds Suid-Afrika se grootste diensverskaffer. Foto: Getty Images

Afgesien van apps, elektrisiteit en ander dienste kan gebruikers nou ook videospeletjies op hul selfoonrekening aanskaf.

Vodacom het pas ’n ooreenkoms met Microsoft aangegaan waarvolgens gebruikers van sy betaalplatform met lugtyd of as krediet op hul maandelikse kontrak vir speletjies in die Xbox-winkel kan betaal.

Volgens Ashraff Paruk, besturende direkteur van Vodacom se leefstyldienste, maak dit sulke dienste meer toeganklik vir gebruikers, aangesien jy nou tegnies nie eens ’n bankrekening benodig om aankope in die Xbox-winkel te doen nie.

Vodacom se betaalplatform is beskikbaar vir enigiemand en is nie beperk tot intekenare op die netwerk nie.

VodaPay laat jou onder meer ook toe om jou munisipale rekeninge, TV-lisensie en vir DStv op die app te betaal.

Die platform is deel van Vodacom se uitbreiding na finansiële dienste.

Die maatskappy het ook onlangs begin om versekering te bied, sowel as begrafnisdekking.

Mariam Cassim, hoof van finansiële dienste by Vodacom, het onlangs aan Netwerk24 gesê die maatskappy gaan toenemend fokus op die uitbreiding van dié tipe dienste, en dat hy homself lankal nie meer as net ’n selfoonmaatskappy beskou nie.

MTN het soortgelyke planne in die pyplyn in Suid-Afrika.

Meer oor:  Vodacom  |  Xbox  |  Microsoft  |  Finansiële Dienste  |  Diensverskaffer  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.