Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Microsoft waarsku oor gevaarlike rekenaarvirus
Die WannaCry-virus het groot amok veroorsaak.

Microsoft het ’n waarskuwing uitgereik aan gebruikers wat ouer weergawes van Windows gebruik, om dadelik ’n bywerking van die bedryfstelsel te installeer.

Dit geld gebruikers met Windows XP, Windows Vista en Windows 7.

Sonder die dringende bywerking is rekenaars met hierdie bedryfstelsels kwesbaar vir ’n nare rekenaarvirus, waarsku Microsoft.

Die tegnologiereus probeer tans die verspreiding van die virus keer deur ’n bywerking van die ouer bedryfstelsels uit te reik; ’n uitsonderlike stap aangesien hy nie eintlik meer dié ou weergawes van Windows ondersteun nie.

Die virus versprei glo maklik van een besmette rekenaar na die ander deur ’n swak plek in die ouer bedryfstelsels uit te buit.

Meer onlangse weergawes van Windows, insluitend Windows 8 en Windows 10, word nie deur die bedreiging geraak nie.

Hoewel die meeste rekenaars deesdae Windows 10 gebruik, gebruik etlike miljoene toestelle wêreldwyd steeds Windows 7.

Trouens, Windows 7 was tot Februarie 2018 nog op meer toestelle as Windows 10. Die eerste weergawe van Windows 10 is in 2015 uitgereik.

Microsoft se bedryfstelsel geniet ’n markaandeel van byna 90% wêreldwyd.

Dit beteken nege uit tien rekenaars gebruik ’n weergawe van Windows. Kuberkrakers buit enige kwesbaarheid maklik uit en dit maak die bedryfstelsel vatbaar vir virusse.

Daarom maan Microsoft gebruikers om deurgaans seker te maak hulle laai die jongste bywerkings vir die bedryfstelsel af.

Verskeie ondernemings se rekenaarstelsels is in die laaste paar jaar lamgelê deur ’n rekenaarvirus genaamd WannaCry. Sodra dié virus ’n rekenaar besmet, word ’n bedrag in afpersgeld geëis voordat die toestel weer ontsluit word.

Meer oor:  Microsoft  |  Wannacry  |  Tegnologie  |  Rekenaars
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.