Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Microsoft wéér meer as $1 000 miljard werd
Microsoft het baie goed gevaar in die vierde kwartaal wat einde Junie geëindig het. Foto: Getty Images

Microsoft se skitterende resultate vir die vierde kwartaal het ontleders se stoutste verwagtinge oortref en die maatskappy se aandeelprys die hoogte laat inskiet.

Microsoft het sedert die aanstelling van Satya Nadella, uitvoerende hoof, vyf jaar gelede begin wegbeweeg van sy Windows-bedryfstelsel en begin fokus op ander dienste, insluitende wolkbergingsdienste en datasentrums.

Die maatskappy se inkomste verdien uit Azure, sy wolkbergingsdiens, is 64% meer in die vierde kwartaal wat einde Junie ten einde geloop het.

Microsoft verklap nie presies hoeveel geld hy uit Azure verdien nie en bondel dit in sy resultate saam met sy “intelligente wolkdienste”. Hierdie afdeling het $11,4 miljard verdien, vergelyke met $11 miljard waarop ontleders gehoop het.

Die maatskappy se aandeelprys het Donderdag in nauurse verhandeling met minstens 2,6% gestyg tot ’n rekordbedrag van $140 per aandeel.

Dié sterk groei het Microsoft se totale markwaarde weer vir die eerste keer sedert April oor die $1 000 miljard-kerf gestoot.

Trouens, Azure het in die vierde kwartaal die eerste keer meer verdien as Microsoft se afdeling vir sy Windows-produkte, hoewel net ’n bietjie.

Microsoft se Azure is ’n regstreekse mededinger van Amazon se Web Services (AWS).

AWS domineer die mark met ’n 32,8%-aandeel volgens die marknavorser Canalys.

Azure se markaandeel beloop 14,6% en Google s’n 9,9%.

Microsoft se netto inkomste beloop nou $13,19 miljard oftewel $1,71 per aandeel teenoor $8,87 miljard en $1,14 per aandeel ’n jaar gelede.

Totale inkomste is 12% meer op $33,72 miljard, meer as wat ontleders verwag het. – Reuters, verkort

Meer oor:  Microsoft  |  Resultate  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.