Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Microsoft wil geweld teen vroue, kinders help voorkom
Microsoft wil help om geslagsgeweld in Suid-Afrika te voorkom. Foto: Unsplash

Microsoft doen ’n beroep op programmeerders oor Suid-Afrika heen om behulpsaam te wees om apps te ontwikkel wat vroue en kinders in die stryd teen geslagsgeweld sal help.

Die tegnologiereus bied van 22 September tot 19 Oktober ’n sogenaamde “hackathon” aan waartydens programmeerders koppe bymekaar sal sit om tegnologiese oplossings te probeer vind om kwesbare vroue en kinders in gewelddadige huishoudings by te staan.

Die fokus is veral op die ontwikkeling van apps waarmee hierdie vroue en kinders ingeval van nood maklik hulp kan ontbied.

“Met so baie Suid-Afrikaners wat in die huidige omstandighede in hul huise vasgekeer is, is die geweld teen vroue en kinders besig om al erger te raak,” sê Tina Thiart, stigter van die organisasie 1 000 Women.

Daarom is “daadwerklike optrede” nodig, sê sy.

Microsoft se Safe@home-inisiatief volg op ’n soortgelyke inisiatief in Israel waar programmeerders reeds begin het om ’n aantal apps te ontwikkel om kwesbare vroue en kinders in die land by te staan.

Die inisiatief word daar gedryf deur ’n vrou wie se suster deur haar man vermoor is nadat sy hom om ’n egskeiding gevra het.

“Die mikpunt is om ’n volhoubare oplossing vir geslagsgeweld in Suid-Afrika te vind,” sê Lillian Barnard, hoof van Microsoft in Suid-Afrika.

Die tegnologiereus sal programmeerders wat bereid is om te help waar nodig ondersteun, sê Barnard.

Die programmeerder wat met die beste plan vorendag kom, sal ’n kontantprys van Microsoft ontvang.

Van die voorstelle wat reeds gemaak is, sluit in ’n app wat nooddienste of familielede outomaties kontak as die persoon ’n sekere kodewoord sê.

In situasies van nood kan die persoon wat aangeval word net die spesifieke woord sê wat dan die nooddienste of ’n getroue familielid sal ontbied.

Plaaslike programmeerders wat aan die inisiatief wil deelneem, kan op safeathome.bemyapp.com gaan aansluit. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.