Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
‘Miljoene’ iPhone-gebruikers kan Google nie dagvaar
Google word daarvan beskuldig dat hy gebruikers se bewegings teen hul wil naspoor. Foto: Reuters

’n Hof in Londen het ’n stokkie gesteek voor ’n ontstoke iPhone-gebruiker se poging om Alphabet Inc, die eienaar van Google, vir skadevergoeding te dagvaar omdat Google kwansuis die private inligting van vier miljoen iPhone-gebruikers versamel het.

Die eiser het aangevoer Google het onwettig toegang tot iPhone-gebruikers se internetgewoontes gekry deur privaatheidsverstellings in Apple se Safari-webblaaier tussen Junie 2011 en Februarie 2012 te systap.

Richard Lloyd, ’n verbruikersaktivis en aan die hoof van die hofgeding, het beraam dat sowat 4,5 miljoen mense deur die voorval geraak is. Hy het geëis dat die tegnologiereus honderdduisende dollar in skadevergoeding betaal.

Op sy beurt het Google aangevoer Lloyd het nie genoeg bewyse om sy saak te staaf nie.

Volgens Lloyd het hy reeds 20 000 mense gekry om ’n petisie te onderteken om appèl aan te teken teen die uitspraak.

“Vandag se uitspraak is uiters teleurstellend en laat miljoene mense met geen praktiese manier om vergoeding te ontvang vir die misbruik van hul persoonlike data nie,” sê Lloyd in ’n verklaring.

“Google se sakemodel is gegrond op die gebruik van mense se persoonlike data om geteikende advertensies aan hulle te rig. Hulle moet vra voordat hulle hierdie data kan gebruik.

“Die hof het bevind dat die mense nie toestemming gegee het nie, maar dat dit onmoontlik is om Google daarvoor verantwoordelik te hou.”

Google het nie dadelik op ’n versoek om kommentaar gereageer nie. - Reuters

Meer oor:  Google  |  Dagvaarding  |  Apple  |  Skadevergoeding  |  Iphone  |  Tegnologie  |  Spioenasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.