Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Miljoene se name, e-posadresse lê oop op internet
Miljoene mense se e-posadresse was vir 'n tyd lank aanlyn beskikbaar. Foto: Unsplash

’n Databank wat miljoene mense se name, e-posadresse en in sommige gevalle ook IP- oftewel internetprotokol-adresse bevat, was twee weke oop en bloot op die internet beskikbaar, hoewel dit glo moeilik was om op te spoor.

Veaam, ’n internasionaal gerekende tegnologiemaatskappy wat onder meer sekerheid vir rugsteunkopieë van data verskaf, het tot sy skaamte erken dat ’n “menslike fout” tot die blootstelling van die data gelei het.

Peter McKay, president van dié Switserse maatskappy, het verskoning gevra dat 200 gigagrepe se data, oftewel 4,5 miljoen mense se inligting, vir ’n tyd aan derde partye beskikbaar was.

“Ons neem die veiligheid van die data en die reg op privaatheid baie ernstig op,” het McKay in ’n e-pos aan kliënte en die media gesê.

Hy verduidelik dat die databank besonderhede bevat wat vir bemarkingsdoeleindes gebruik word en dat dit ná roetine-instandhoudingswerk aan Veaam se netwerk aan derde partye blootgestel was.

McKay sê egter die databank was “nie maklik sigbaar nie” en derde partye sou moes “weet waar om te kyk” om dit te vind.

Die maatskappy het nie bekend gemaak of enigiemand die databank afgelaai het nie, maar sê hy “dink nie dis iewers gebruik nie”.

“Ons het ’n volledige ondersoek asook stappe gedoen om soortgelyke insidente in die toekoms te voorkom,” het McKay bygevoeg.

Veaam, wat programmatuur ontwikkel om maatskappye se data te beveilig, versamel nie self sensitiewe inligting soos die kredietkaartbesonderhede van enige kliënte nie.

Meer oor:  Tegnologie  |  Persoonlike Inligting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.