Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Minister waarsku oor vals Facebook-profiel
Dr. Zweli Mkhize, minister van samewerkende regering en tradisionele sake. Foto: Getty Images

Dr. Zweli Mkhize, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het ’n waarskuwing uitgereik dat ’n Facebook-profiel in sy naam vals is.

Luidens ’n verklaring deur die ministerie is ’n vals Facebook-profiel in Mkhize se naam geskep, kompleet met sy naam en amptelike foto.

“Die minister veroordeel die bedrieglike en moedswillige gebruik van sy profiel, naam en foto’s,” lui die verklaring.

Die enigste plasing op die vals profiel is ’n aankondiging dat Mkhize in Februarie in sy pos as minister van samewerkende regering en tradisionele sake begin het.

Luidens die verklaring het Mkhize nie self ’n Facebook-profiel nie. Dit is nie bekend wie die vals profiel geskep het of wat die doel daarvan is nie.

Volgens Mkhize kan hy bereik word deur sy amptelike Twitter-profiel, @DrZweliMkhize, of deur die ministerie se amptelike Twitter- of Facebook-profiel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.