Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Misdaadskrywer se boek op Facebook Messenger
James Patterson. Foto: Getty Images

Die blitsverkoper James Patterson se jongste boek gaan as ’n spesiale “multimedia-ervaring” op Facebook Messenger beskikbaar gestel word.

Patterson is een van die wêreld se topskrywers en meer as 375 miljoen kopieë van sy boeke is al verkoop.

“As jy tien jaar gelede vir my sou sê een van my boeke sal die lewe sien deur spraakborrels, video en klank, sou ek gelag het,” sê Patterson in ’n verklaring.

Sy jongste riller, The Chef, word eksklusief op Messenger uitgereik, vier maande voor die gedrukte weergawe in Februarie.

“Dis belangrik om nuwe maniere te vind om met my aanhangers te kommunikeer en die interaktiewe ervaring op Messenger maak The Chef nie net meer toeganklik vir lesers van ’n nuwe generasie nie, maar maak dit ook meer verleidelik en opwindend.”

Lesers sal van Woensdag die boek in Messenger kan lees in die vorm van spraakborrels, video en klank.

Meer as 1,3 miljard mense wêreldwyd gebruik Messenger minstens een keer per maand.

“Dit is opwindend om ’n skrywer so gesog soos Patterson te sien wat sy kuns tot die uiterste beproef om nuwe maniere te vind om sy aanhangers te vermaak,” sê Erin Murray Manning, hoof van vennootskappe by Facebook.

James Patterson se nuwe boek is eersdaags op Facebook Messenger beskikbaar. Foto: Facebook

Om die boek te lees, gaan na Messenger en soek vir “The Chef by James Patterson”.

Dié riller volg Caleb Rooney, ’n oudpolisieman wat ’n bekende sjef word en by ’n moordkomplot betrek word.

Patterson is ook die eerste skrywer wie se boeke meer as 1 miljoen elektroniese kopieë verkoop het.

Die gedrukte weergawe van The Chef word in Februarie deur Little Brown and Co. uitgereik.

Meer oor:  Facebook  |  Boeke  |  Messenger
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.