Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Moeg vir advertensies? Met Apple kan jy dit afskakel

Ons het dit almal al ervaar: Advertensies wat opspring asof iemand jou gedagtes lees.

Die nuwe iOS-bedryfstelsel gee verbruikers die opsie om advertensie-opsporing te blok. Foto: Unsplash

Jy kyk een dag na ’n sekere artikel op ’n webwerf, of dit nou klere of ketels is, en die volgende keer as jy op Facebook aanmeld of ’n heeltemal ander webwerf besoek as voorheen, spring advertensies vir klere of huisware op.

Apple se nuwe bedryfstelsel, iOS 14.5, maak dit nou maklik om dié probleem uit te skakel, berig Cnet.com.

Die bedryfstelsel het ’n nuwe funksie wat daarop gemik is om jou aanlyn lewe meer privaat te hou deur jou die opsie te gee om advertensie-nasporing uit te skakel in al die apps wat jy gebruik of op webwerwe wat jy besoek.

Apple het reeds in sy vorige bedryfstelsel, iOS 14.3, begin om privaatheid te verbeter. Apps moes verbruikers verwittig van die data wat hulle gebruik.

Nou is dit so verander dat tensy jy ’n app uitdruklik toestemming gee, kan dit nie jou data of advertensie-identiteit vir geteikende advertensies gebruik nie. Dit mag ook nie jou liggingsdata met adverteerders deel nie; eintlik geen data wat jou kan identifiseer nie. (Advertensie-ID verwys na ondernemings wat op Google geregistreer is.)

Dit sluit in apps wat deur Apple self gemaak is.

Die verandering – wat die eerste keer op Apple se wêreldwye ontwikkelaarskonferensie in Junie 2020 bekendgestel is – het steun gekry van voorstanders van privaatheid. Maatskappye soos Facebook, wat sê dit sal adverteerders benadeel, is egter krities daaroor.

So hoe gebruik jy dit?

Wanneer jy ’n nuwe app aflaai en oopmaak, kry jy ’n kennisgewing waarin jy gevra word of jy die program wil toelaat om jou aktiwiteite in ander programme en webwerwe te volg. Dit wys jou ook die inligting wat die program sal dophou. Die verbruiker kan dus klik op: Ask App not to Track or Allow.

Die beste van alles is dat verbruikers die app-opsporing oor al sy apps eenmalig kan afskakel deur te gaan na Settings > Privacy > Tracking, en skakel dan Allow Apps to Request to Track af.

Dit beteken dat enige app wat jou toestemming probeer vra, geblokkeer sal word om te vra en outomaties in kennis gestel sal word dat jy versoek het om nie opgespoor te word nie.

Alle apps (behalwe dié wat jy reeds in die verlede toestemming gegee het om jou data op te spoor) sal daarna volgens Apple geblokkeer word om toegang te verkry tot die inligting van jou toestel wat vir advertensies gebruik word.

Let wel

Dit beteken nie dat advertensies sal verdwyn nie. Dit beteken net dat verbruikers meer generiese advertensies sal sien, en nie dié wat direk op jou gemik is nadat jy net na ’n paar skoene of ’n ketel gekyk het nie.

Hoe sit jy die app-opsporing af op apps wat jy reeds afgelaai het?

Settings > Privacy > Tracking en klik om elke app af te skakel wat in die lys van programme is wat toestemming gevra het om jou aktiwiteite dop te hou.

Die veranderinge kom nadat die maatskappy se uitvoerende hoof, Tim Cook, gesê het dat Apple se sakemodel nie van advertensies afhang soos ander maatskappye nie.


Kyk ook gerus na die volgende video waarin Apple app-opsporing verduidelik:


Meer oor:  Apple  |  Slimfone  |  Tegnologie  |  Advertensies  |  Tegnologiemaatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.