Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Mr D lewer nou medisyne pleks van kitskos af

Hoewel jy nie kitskos kan bestel nie, sal jy darem nou jou medisyne van Checkers se apteke deur Mr D afgelewer kan kry.

Só bestel jy op Mr D Food. Foto: Verskaf

Die bestellings sal aanvanklik net by 55 van die 90 Checkers-supermarkte met MediRite-apteke geplaas kan word.

Klante wat wil bestel, kan die volgende stappe volg:

1. Laai die app vir Mr D van Apple se app-winkel af of Google Play-winkel en tik jou adres in om te kyk of jy binne die afleweringsgebied val.

2. Skakel jou naaste MediRite-apteek en plaas ’n bestelling.

3. Lig jou apteker in dat jy dit per Mr D wil laat aflewer.

4. Betaal per EFT (vir uitgawes wat nie deur jou mediese fonds gedek word nie) deur die verwysingsnommer te gebruik wat jou apteker verskaf. Stuur die betalingsbewys aan.

5. Gaan na die Mr D-app, kies die skakel “MediRite order for delivery”, verskaf jou bestellingsnommer en plaas die bestelling.

5. Volg die aflewering op die app.

Die aflewering van medisyne is een van verskeie kreatiewe inisiatiewe wat die Shoprite-groep begin het om te verseker dat sy klante gedurende die tyd van die inperking toegang tot noodsaaklike produkte en dienste het.

“Om medisyne te kry by klante wat nie hul huise kan verlaat nie, is een van die baie oplossings wat ons nou aanbied,” het Joseph Brönn, adjunk- uitvoerende hoof van die groep, gesê.

Besoek die MediRite-webtuiste om die kontak-besonderhede van jou naaste apteek te kry.

Meer oor:  Mr D Food  |  Medi-Rite  |  Checkers  |  Takealot  |  Covid-19  |  Staat Van Inperking  |  Medisyne  |  Kosaflewering  |  Inperking  |  E-Handel  |  Aflewering  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.