Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
MTN dalk nie meer weens terreur vervolg

MTN gaan moontlik nie meer vervolg word op bewerings dat hy die Taliban in Afganistan gesteun het nie.

MTN se gedrag in Afganistan is in die kollig. Foto: Getty Images

MTN Dubai en MTN Afganistan is verlede jaar saam met ’n lang lys multinasionale maatskappye in die VSA in ’n siviele saak daarvan beskuldig dat hulle medepligtig aan die dood van Amerikaanse soldate in dié land is.

Daar word beweer dat MTN omkoopgeld aan die Taliban betaal om in Afganistan sake te kon doen en dat hy sy selfoontorings in dié land snags afgeskakel het sodat Taliban-lede nie opgespoor kon word nie.

MTN ontken dié bewerings.

Die maatskappy het versoek dat die Amerikaanse hof MTN om twee redes by die hofsaak uitsluit. Eerstens voer MTN aan dat die VSA geen jurisdiksie oor hom het nie omdat hy nie in dié land sake doen nie.

Tweedens voer MTN aan dat hy van geen gedrag aangekla is wat strydig met die VSA se wet teen terreur is en ingevolge waarvan die hofsaak gebring is nie.

MTN sê in ’n verklaring hy het Vrydag gehoor dat ’n landdros aan wie MTN se betoog toegewys is, aanbeveel het dat die klagte teen ál die verweerders, ook MTN, laat vaar word. Die landdros het hierdie aanbeveling gedoen aan die regter van die distrikshof wat die saak aanhoor. Die landdros het spesifiek ook gesê dat die hof geen jurisdiksie oor MTN het nie.

Die eisers mag nou besware aanteken en dan mag die verweerders daarop reageer voordat die regter ’n finale besluit neem.

MTN sê hy bestudeer nog die volle verslag saam met sy regspan, maar is ingenome met dié positiewe ontwikkeling.

“MTN bedryf sy sake op ’n verantwoordelike en voldoenende manier op alle gebiede en sal sy posisie waar nodig aanhou verdedig.”

MTN het ook Maandag bekend gemaak dat sy verdienste per aandeel vir die ses maande tot einde Junie met tussen 75% en 85% laer as in 2020 gaan wees. Dit is onder meer weens die verdere afskrywing van MTN Jemen en die ontknoping van MTN Sirië.

Die wesensverdienste per aandeel gaan met tussen 5% en 15% daal. Dié daling word toegeskryf aan wisselkoersverliese en skenkings vir Covid-19-steun aan onder meer Afrika se sentrum vir siektebeheer en -voorkoming.

MTN maak sy halfjaarresultate op 12 Augustus bekend.

Meer oor:  Mtn  |  Afganistan  |  Tegnologie  |  Terreur  |  Selfoonmaatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.