Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
MTN eis nou vergoeding van Nigerië

Nigerië se prokureur-generaal het sy magte oorskry toe hy geëis het dat MTN $2 miljard se belasting betaal, voer die selfoonmaatskappy in hofstukke aan, berig Bloomberg.

Nigerië se vlag in die vorm van die landkaart. Grafika: Mapsof.net

MTN het ’n hofaansoek in die federale hooggeregshof in Nigerië gebring om die prokureur-generaal en die Sentrale Bank van Nigerië te keer om beslag te lê op enige bates of sy bankrekeninge te bevries. Die bank eis $8 miljard wat glo onwettig landuit geneem is.

In die hofstukke beskuldig MTN die prokureur-generaal daarvan dat hy ’n ongemagtigde proses begin het wat “onbillike en matelose skade” aan die maatskappy se reputasie veroorsaak het.

MTN eis nou nagenoeg $5,5 miljoen se skadevergoeding en ’n verdere R2,75 miljoen vir regskoste.

MTN se aandeelprys het met meer as ’n derde geval sedert die krisis in Augustus ontstaan het.

Dit kom boonop net twee jaar nadat MTN $1 miljard se boetes betaal het omdat hy intekenare nie behoorlike geregistreer het nie.

Intussen berig TechCentral dat die Suid-Afrikaanse regering bereid sou wees om MTN in sy Nigeriese stryd by te staan. Siyabonga Cwele, minister van telekommunikasie en posdienste, sê hulle is die heeltyd in gesprek met die maatskappy. “Hulle sal ons sê wanneer hulle wil hê ons moet ingryp.”

MTN se aandeelprys het Woensdag teen 12:00 met 2,26% tot R70,37 gedaal.

Meer oor:  Mtn  |  Nigerië  |  Selfoonmaatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.