Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
MTN glo naby skikking oor Nigeriese eis
'n Man kyk na sy selfoon voor 'n MTN-advertensiebord.

MTN het byna ’n ooreenkoms met die sentrale bank van Nigerië bereik oor die $8,1 miljard wat die owerheid sê onwettig uit die land geneem is, volgens iemand met kennis van die saak.

’n Skikking word teen Maandag verwag, maar kan dalk reeds Vrydag bereik word, sê die persoon.

Die sentrale bank vergader Vrydag met die vier banke wat daarvan beskuldig word dat hulle die geldoordrag moontlik gemaak het: Standard Chartered, Citigroup, Stanbic IBTC en Diamond Bank.

Dié vergadering in Lagos kan die sage beëindig, reken die persoon.

MTN, Citibank, Standard Chartered en Stanbic IBTC wou nie kommentaar lewer nie en Diamond Bank kon nie bereik word nie.

’n Skikking sal ’n enorme verligting wees vir MTN, die grootste selfoonmaatskappy in Afrika volgens intekenare.

Die Johannesburgse firma het byna ’n vyfde van sy markwaarde verloor sedert die eis in Augustus gestel is dat MTN $8,1 miljard terugbring Nigerië toe.

MTN en die vier banke, wat met $16 miljoen beboet is, ontken dat hulle iets verkeerd gedoen het.

MTN het reeds ’n hofgeding aanhangig gemaak teen die sentrale bank, sowel as teen die prokureur-generaal, wat $2 miljard se agterstallige belasting eis.

Nigerië is MTN se grootste mark.

Suid-Afrika se Reserwebank het Woensdag in sy verslag oor finansiële stabiliteit gesê die eise teen MTN is ’n groot risiko vir die plaaslike mark.

“Die onmiddellike, of minstens binnekort, repatriasie van die geld aan die Nigeriese owerhede kan MTN se vermoë raak om sy skuldverpligtinge na te kom, insluitende dié aan die Suid-Afrikaanse banksektor. Gegewe die onderlinge verbonde aard van die finansiële stelsel kan dit sistemiese risiko verhoog.”

Die Reserwebank sê die slegste moontlike uitkoms sal wees as MTN uit Nigerië onttrek. – Bloomberg, bygewerk

Meer oor:  Mtn  |  Nigerië  |  Boete  |  Selfone  |  Telekommunikasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.