Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
MTN hof toe oor 5G-spektrum-proses

MTN het die hooggeregshof in Johannesburg genader om die Onafhanklike Kommunikasieowerheid (Okosa) se veilingsproses vir die verkoop van 5G-spektrum te skrap of te hersien.

Die bekendstelling van die 5G-spektrum word verwag nadat die veiling vir hierdie spektrum in Maart gehou word. Foto: Unsplash

MTN is die jongste diensverskaffer wat Okosa hof toe sleep nadat Telkom reeds in Desember ’n soorgelyke hofsaak van stapel gestuur het.

Okosa staan reeds Telkom se hofsaak teen.

Dié regsdispute dreig om die noodsaaklike uitrol van 5G-spektrum te vertraag. Die veiling is vir Maart gereël.

Diensverskaffers wag al meer as ’n dekade vir Okosa om nuwe spektrumlisensies beskikbaar te stel, wat gesien word as noodsaaklik om nuwe beleggings te lok en die prys van data vir sowel diensverskaffers as verbruikers te verlaag.

MTN staan Okosa se besluit teen om diensverskaffers in twee kategorieë te plaas. Dit sal die twee reuse, MTN en Vodacom, op dieselfde vlak 1 plaas, terwyl Telkom, Cell C en ander op vlak 2 geplaas word, luidens hofstukke wat Reuters onder oë gehad het.

Die hofstukke is Woensdag ingedien.

Met die klassifiseringsproses, sê MTN, sal vlak 1-diensverskaffers uitgesluit word van ’n veilingsronde wat MTN se vermoë ondermyn om 3,5 gigahertz (GHz) spektrum te bekom, wat hy as noodsaaklik vir die bekendstelling van 5G beskou.

MTN sê dit gee kleiner diensverskaffers, wat reeds spektrum in daardie band het, die eerste opsie om ten koste van MTN meer aan te skaf.

Hy noem die definisies wat gebruik word om maatskappye te klassifiseer “ontoelaatbaar vaag, arbitrêr en onredelik”.

Telkom en Liquid Telecom het reeds toegang tot die 3,5GHz-spektrumband, terwyl MTN, Vodacom en Cell C nie het nie, wys die hofstukke.

MTN sê dat hy nie ’n vertraging in die toekenning van spektrum wil hê nie, maar het geen keuse as om die hof te vra om die proses onwettig te verklaar en te hersien of reg of tersyde te stel nie.

Okosa het nog nie sy repliek op die hofstukke ingedien nie. – Reuters

Meer oor:  Mtn  |  Cell C  |  Vodacom  |  Selfoondienste  |  Diensverskaffers  |  Tegnologie  |  5G  |  Internet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.