Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
MTN in sop nadat hy data duurder maak

MTN is in die sop by die Onafhanklike Kommunikasieowerheid (Okosa) omdat hy die prys van ’n WhatsApp-databondel van een gigagreep sonder toestemming duurder gemaak het.

MTN moet nou op 4 Maart voor Okosa se afdeling vir voldoening en verbruikersake verskyn.

In ’n verklaring sê die owerheid die diensverskaffer het versuim om hom sewe dae kennis te gee dat hy die prys van die bondel van R10 na R30 opstoot.

Regulasies bepaal dat diensverskaffers nie ’n diens teen betaling mag bied sonder dat die prys daarvan minstens ’n week voor die tyd aan Okosa deurgegee word nie.

Omdat MTN dit nie gedoen het nie, kan hy nou ’n boete van “nie minder nie as R100 000” of 10% van sy jaarlikse omset opgelê word.

Die betrokke databondel gee gebruikers een gigagreep data spesifiek vir WhatsApp wat geldig is vir 30 dae.

MTN het verduidelik die verhoging is uit noodsaaklikheid gedoen. Die diensverskaffer moes kies om óf die regulasies te oortree deur nie ’n week kennis te gee nie, óf om “meer ernstige skade” te lei, sê Okosa.

Die diensverskaffer moet nou op 4 Maart voor die reguleerder se afdeling vir voldoening en verbruikersake verskyn.

“Okosa werk die afgelope paar jaar onverpoos om die koste van kommunikasie deur middel van regulasies te verlaag,” sê Paseka Maleka, woordvoerder.

“Okosa is van mening dat MTN se optrede die owerheid se pogings ondermyn.”

Die owerheid het ook verlede jaar nuwe reëls ingestel waarvolgens diensverskaffers onder meer intekenare moet toelaat om ongebruikte data na ’n volgende kalendermaand oor te dra.

Meer oor:  Mtn  |  Okosa  |  Selfoonnetwerk  |  Selfoondienste  |  Slimfone  |  Datakoste  |  Selfoonmaatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.