Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
MTN: Keer só ’n Kersfees sonder selfoon-sein

MTN voer ’n opdraande stryd teen diewe wat sy selfoontorings vandaliseer en besteel.

MTN is keelvol vir diewe wat die batterye by sy selfoontorings steel. Foto: Unsplash

Die diensverskaffer doen ’n beroep op gemeenskappe om die diefstal van veral batterye by sy torings by die polisie aan te meld.

Weens die skerp toename in beurtkrag oor die laaste paar jaar moes MTN noodgedwonge batterye installeer by sy torings sodat dienste nie tydens kragonderbrekings opgeskort word nie.

Dit is juis dié batterye wat nou op groot skaal gesteel word.

Volgens MTN moes hy al noodgedwonge sekere van sy torings sluit omdat dit rot en kaal besteel is.

Dit veroorsaak dat die gehalte van sy netwerk verswak omdat sy dekking basies verminder.

“Hoewel groot vordering gemaak is met die voorkoming van die diefstal van batterye, en die terugkry daarvan, bly dit ’n probleem,” sê Ernest Paul, hoofbestuurder van MTN se netwerkbedrywighede.

Die diensverskaffer is veral bekommerd dat boewe oor die feestyd gaan toeslaan, ’n tydperk waarin misdaad gewoonlik toeneem.

MTN waarsku dat die diefstal van die batterye by sy selfoontorings verreikende gevolge inhou:

  • Dit onderbreek kommunikasie en toegang tot sosiale media en bankdienste.
  • Huisalarmstelsels gebruik selfoonverbindings om noodseine na sekerheidsmaatskappye te stuur in geval van nood.
  • Nasporingstoestelle in motors funksioneer nie behoorlik as selfoontorings buite werking is nie.

“Batterydiefstal is ’n misdaad wat die veiligheid en welsyn van elke Suid-Afrikaner in gedrang bring, maar ons kan dit nie alleen beveg nie,” sê Paul.

Daarom vra die diensverskaffer enigiemand wat bewus is van die vandalisme van ’n selfoontoring om dit by die polisie te gaan aanmeld.

In sy tussentydse resultate vir die halfjaar tot einde Junie het MTN melding gemaak van die finansiële invloed wat batterydiefstal het.

Dit verhoog sy bedryfsuitgawes aansienlik en het ’n beduidende bydrae gemaak tot die bykans R11 miljard wat MTN in die tydperk onder oorsig aan sy selfoonnetwerk moes bestee.

Meer oor:  Mtn  |  Selfoontorings  |  Misdaad  |  Selfoonmaatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.