Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
MTN noteer in Nigerië
MTN is Nigerië se grootste diensverskaffer. Foto: Bloomberg

MTN Nigerië noteer Donderdag op die Nigeriese aandelebeurs nadat die maatskappy se aansoek om notering goedgekeur is.

Net aandele van bestaande aandeelhouers sal vir eers verhandelbaar wees. Die maatskappy reik geen bykomende aandele uit nie.

Ferdi Moolman, uitvoerende hoof van MTN Nigerië, sê in ’n verklaring die maatskappy waardeer die “voortdurende ondersteuning” van die Nigeriese regering, reguleerders en inwoners.

MTN is Nigerië se grootste diensverskaffer met meer as 60 miljoen intekenare.

Volgens Moolman beplan die maatskappy steeds om in die nabye toekoms nuwe aandele uit te reik wat lede van die publiek dan sal kan aanskaf.

Terselfdertyd hang daar nog ’n swaard oor die maatskappy se kop oor bewerings van onbetaalde belasting wat die Nigeriese owerhede nou opeis.

Die maatskappy ontken dat hy agterstallige belasting skuld. Die saak word in Junie in die hof in Nigerië aangehoor.

Die MTN Groep, wat op die JSE genoteer is, se aandeelprys was Woensdag onveranderd op R98,19.

Meer oor:  Mtn  |  Nigerië  |  Notering  |  Selfoonmaatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.