Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
MTN-saak in Nigerië uitgestel
Een van MTN se winkels in Lagos, Nigeriê.

’n Regter In Nigerië het Woensdag MTN se saak oor onbetaalde belasting van $2 miljard tot einde Oktober uitgestel.

Die land se prokureur-generaal het vroeër daarop aangedring dat MTN die agterstallige belasting teen September betaal.

Die diensverskaffer ontken egter dat hy die geld skuld en sê sy belasting is opbetaal. Volgens MTN het die prokureur-generaal ook sy magte oorskry deur sy bevel dat die netwerk die geld teen September moet betaal.

Prokureurs vir die staat het Woensdag se uitstel versoek.

Met 58 miljoen intekenare is Nigerië MTN se grootste mark en maak ’n derde van die maatskappy se wins uit.

MTN stamp egter gereeld koppe met Nigeriese owerhede oor beweerde belastingontduiking en boetes weens ongeregistreerde simkaarte.

MTN het in Mei ’n afsonderlike filiaal, MTN Nigeria, in Lagos teen ’n markwaarde van 2 biljoen naira (sowat $6,5 miljard) genoteer. Dit is reeds die tweede grootste maatskappy volgens markwaarde op die Nigeriese beurs.

Die notering volg op MTN se gewilligheid om met Nigeriese reguleerders oor die meeste geskille te onderhandel. MTN het aangedui hy is bereid om meer aandele aan lede van die publiek beskikbaar te stel sodra die belastingkwessie afgehandel is.

Die diensverskaffer het in Desember ingestem om $53 miljoen te betaal nadat Nigerië se sentrale bank MTN daarvan beskuldig het dat hy tussen 2007 en 2008 meer as $8 miljard onwettig na Suid-Afrika gerepatrieer het.

Die ooreenkoms het gehelp om MTN se aandeelprys op die Johannesburgse aandeelbeurs te kalmeer.

Meer oor:  Mtn  |  Nigerië  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.