Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
MTN se Nigeriese ‘boete’ toe net $53 miljoen

In ’n ommekeer wat ’n enorme verligting vir MTN bring, het die Sentrale Bank van Nigerië toegegee dat MTN nié $8,1 miljard onwettig landuit geneem het nie.

MTN se hoofkantoor in Roodepoort in Johannesburg.

Die swaard dat hy dié geld moet terugbring Nigerië toe, hang nou al sedert Augustus bo MTN se kop en volg op die 2016-drama toe hy beboet is vir die laat registrasie van selfoongebruikers.

In ’n Sens-verklaring Donderdagoggend sê die selfoonmaatskappy sy filiaal MTN Nigerië het “verskeie gesprekke” met die sentrale bank gehou om ’n billike oplossing te vind. MTN Nigerië het bykomende inligting verskaf “wat die terugsendings bevredigend opgeklaar het”.

Die bank het MTN daarvan beskuldig dat hy van 2007-’15 $8,1 miljard “op onbehoorlike wyse” Suid-Afrika toe gestuur het. Ses banke wat by die transaksies betrokke was, is ook met boetes gedreig.

Die sentrale bank hou egter vol dat die opbrengs van voorkeuraandele in MTN se private plasing waardeur $1 miljard in 2008 landuit is, was onreëlmatig omdat dit in beginsel deur die sentrale bank goedgekeur is, maar nie finale goedkeuring gehad het nie.

MTN moet nou ’n veronderstelde ommekeer doen wat hom 19,2 miljard naira, oftewel $52,6 miljoen, gaan kos.

MTN Nigerië gaan die ommekeer doen sonder enige skulderkentenis.

Die maatskappy sê hy het op handelsbanke staatgemaak om te verseker al die nodige goedkeuring is wel verkry voor die transaksies. “MTN Nigerië sal met die banke praat met betrekking tot die vraagstukke wat in die resolusie-ooreenkoms behartig word.”

MTN waarsku in die Sens-verklaring dat sy dispuut met die prokureur-generaal van Nigerië oor beweerde agterstallige belasting van $2 miljard voortduur.

MTN het ’n hofsaak aanhangig gemaak om die prokureur-generaal te keer om beslag te lê op MTN-bates terwyl die twis voortduur. Die saak word weer op 7 Februarie 2019 aangehoor.

MTN Nigerië hou vol sy belastingsake is in orde en dat hy geen geld skuld nie. Hy maak geen voorsiening in sy state vir die belastingaanslag nie.

MTN se aandeelprys het met meer as 22% geval sedert die twee twispunte in Nigerië bekend geword het. Dit het Oukersdag op R85,50 gesluit.

Nigerië is MTN se grootste mark, met meer as 54 miljoen intekenare.

Meer oor:  Mtn  |  Nigerië  |  Selfoonmaatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.