Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
MTN se stryd met sein tydens beurtkrag

MTN sê hy sukkel om sy selfoontorings aan die gang te hou weens die laaste paar dae se gereelde kragonderbrekings.

Selfoontorings benodig elektrisiteit om te werk. Foto: Unsplash

In ’n verklaring sê die diensverskaffer die meerderheid van sy selfoontorings het rugsteunkrag in die vorm van batterystelsels, maar omdat Eskom so gereeld beurtkrag toepas, kry hierdie batterye nie kans om behoorlik te herlaai om genoeg elektrisiteit te verskaf in die tye wat die krag wel afgaan nie.

“Hierdie batterye het die kapasiteit om elektrisiteit vir tussen ses en 12 uur te verskaf, afhangende van die toring.

“Dit benodig tussen 12 en 18 uur om te herlaai, wat weens fase 3- en fase 4-beurtkrag doodeenvoudig nie moontlik is nie,” sê Jaqui O’Sullivan, hoof van korporatiewe sake.

MTN het ongeveer R300 miljoen in 2018 aan nuwe batterye vir sy selfoontorings bestee. Die diensverskaffer gebruik ook 1 800 kragopwekkers tydens beurtkrag om sy torings aan die gang te hou.

In 2018 het MTN ook R120 miljoen aan diesel bestee vir hierdie kragopwekkers, sê hy.

Buiten probleme met die herlaai van die batterye en die aankoop van genoeg diesel, sukkel MTN ook om vandale en diewe te stuit wat dié toerusting probeer steel.

Diensverskaffers spook regoor die land met gesofistikeerde sindikate wat daagliks hierdie batterye steel.
Jaqui O’Sullivan

“Diensverskaffers spook regoor die land met gesofistikeerde sindikate wat daagliks hierdie batterye steel.”

Omdat diewe weet wanneer die krag af gaan wees, wag hulle juis tot dit donker is voor hulle toeslaan, sê MTN.

Die diensverskaffer het reeds meer as R11 miljoen bestee om batterye by sowat 100 torings in Gauteng te vervang.

Dié koste plaas druk op die netwerk, waarsku MTN.

Ook sy tegnici staan bont om tydens die al langer kragonderbrekings seker te maak intekenare het steeds toegang tot selfoondienste.

Die probleme by die netwerk se selfoontorings raak ook intekenare op ander netwerke soos Cell C wat ook van MTN se torings gebruik maak.

Meer oor:  Mtn  |  Eskom  |  Kragonderbrekings  |  Beurtkrag  |  Selfoondienste  |  Selfoontorings  |  Selfoonmaatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.