Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
MTN se wins styg, maar geen dividend uitgekeer

MTN gaan geen tussentydse dividend uitkeer nie, het die maatskappy Vrydag in ’n handelsverklaring aangekondig.

Die besluit word geneem om sy finansiële posisie en kontantvloei te versterk, veral in die lig van die onsekerhede wat die Covid-19-krisis skep.

Rob Shuter, uitvoerende hoof van MTN. Foto: Getty Images

Die selfoonmaatskappy sê verder indien hy later besluit om ’n voljaardividend uit te keer, sal dit tot nie meer nie as R3,90 beperk word. Dit sal egter deur makro-ekonomiese faktore en die kontantvloei vanaf sy bedryfsmaatskappye bepaal word, sowel as die moedermaatskappy se skuldvlakke.

Die nuus het MTN se aandeelprys met tot 6,5% laat val. Teen middagete was die prys steeds 5,4% laer vir die dag op R57,38.

MTN het ook aangekondig die soeke na sy nuwe groep- uitvoerende hoof vorder goed en hy gaan na verwagting binne die volgende vier tot agt weke ’n aankondiging daaroor doen.

Rob Shuter se vaste vierjaarkontrak verval in Maart 2021.

Shuter het reeds ’n volgende werk gekry – by BT Group in Brittanje. Hy sal na Brittanje verhuis, maar dit sal eers gebeur wanneer sy kontrak by MTN volgende jaar klaar is.

Die maatskappy bedank Shuter solank vir sy bydrae tot die maatskappy en wens hom voorspoed toe in sy nuwe onderneming.

MTN het ook aangekondig die styging in sy wins gaan selfs hoër wees as verwag.

Sy verdienste per aandeel vir die halfjaar tot einde Junie gaan met tot 170% styg teenoor dieselfde ses maande van 2019. Dis danksy die verkoop van sy belang in ondernemings wat selfoontorings oprig, ATC Uganda en ATC Ghana.

Wesensverdienste per aandeel gaan ook met tot 125% styg, waarvan meer as die helfte aan wisselkoersvoordele toegeskryf kan word.

Die nuwe winsverwagtinge is hoër as wat MTN net ’n week gelede aangekondig het.

MTN reik sy halfjaarresultate Donderdag uit.

Meer oor:  Mtn  |  Rob Shuter  |  Selfoonmaatskappye  |  Covid-19  |  Tegnologie  |  Selfone  |  Koronavirus  |  Vlak 4  |  Inperking  |  Staat Van Inperking  |  Selfoonwinkels
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.