Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
MTN skud vere reg vir notering in New York, Lagos
Een van MTN se winkels in Lagos, Nigeriê.

MTN se veelbesproke notering in Nigerië gaan dalk eersdaags plaasvind. Dit gaan egter getroef word deur die New Yorkse notering van Jumia, ’n e-handelplatform waarin MTN ’n groot aandeelhouer is.

Jumia het reeds sy aansoek by die New Yorkse Aandelebeurs ingedien.

Jumia is in 2012 gestig en kan tydens notering ’n markwaarde van meer as $1,6 miljard hê.

Die prospektus wat Jumia by die beurs ingedien het, sê egter nie hoeveel aandele beskikbaar gestel gaan word óf teen watter prys nie.

Morgan Stanley, Citigroup, Berenberg en RBC Capital Markets behartig die notering.

Luidens sy prospektus is hy in Desember teen $1,6 miljard gewaardeer.

Jumia het glo reeds sowat 4 miljoen aktiewe gebruikers.

MTN besit ’n belang van 31,28%. Die ander groot aandeelhouer in Jumia is Rocket Internet, met ’n belang van 21,74%. Kleiner aandeelhouers is Millicom International, AXA Africa Holding en Goldman Sachs.

Bloomberg berig intussen MTN gaan na verwagting binnekort sy Nigeriese filiaal op dié land se aandelebeurs in Lagos noteer.

MTN het in 2016 met Nigeriese owerhede ooreenkom om die filiaal te noteer nadat hy in ’n geskil oor ongeregistreerde simkaarte betrokke geraak het.

Tobe Okigbo, woordvoerder vir MTN in Nigerië, het Woensdag aan verslaggewers in Lagos gesê die maatskappy gaan na verwagting in April of Mei noteer.

Hy moet egter net eers nóg ’n geskil met Nigeriese owerhede opklaar.

Die Nigeriese prokureur-generaal het hom in September daarvan beskuldig dat hy $2 miljard se belasting skuld.

Die partye het nog nie hieroor geskik nie.

’n Hof sal op 26 Maart die saak aanhoor.

MTN verwag om daarna ’n markwaarde vir sy filiaal te bepaal wat die notering moontlik sal maak.

“Dit is moeilik om ’n markwaarde te bepaal as daar nog so ’n geskil ter sprake is,” sê hy.

Bronne: Bloomberg, Reuters

Meer oor:  Mtn  |  Jumia  |  Nigerië  |  Selfoonmaatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.