Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
MTN toe beboet oor daai skerp styging in pryse

Die Onafhanklike Kommunikasieowerheid (Okosa) het MTN beboet vir die skerp styging in die prys van ’n gewilde WhatsApp-databondel in Julie 2018.

MTN het hom in 2018 heeltemal misgis met die impak wat 'n baie goedkoop databondel gehad het.

Die uitspraak op Okosa se webtuiste toon die boete beloop R5 miljoen, en R2 miljoen daarvan is vir drie jaar opgeskort.

Dit volg nadat die selfoonoperateur, nadat hy die kommunikasieowerheid daarvan in kennis gestel het, nie lank genoeg gewag het voordat die prysverhoging in werking gestel is nie.

Netwerk24 het verlede jaar in Julie berig MTN het aangekondig hy was genoop om die prys van ’n baie gewilde databondel vir WhatsApp van R10 tot R30 op te stoot.

Dit het gevolg nadat die nuwe produk ’n paar maande tevore bekend gestel is. Verbruikers kon een gigagreep se data teen R10 koop om WhatsApp vir 30 dae te gebruik.

Die produk was egter so gewild dat dit sy netwerk oorlaai het en dit het MTN gedwing om die prys te verhoog. “Die gebruik van WhatsApp het oor die laaste twee maande met 300% gestyg,” het MTN toe gesê.

LEES OOK: MTN verhoog prys van WhatsApp-data

Die boete kom omdat MTN nie sewe dae nadat hy Okosa van die verhoging in kennis gestel het, gewag het voordat hy dit in geïmplementeer het nie. Die boete is opgelê omdat MTN ’n regulasie hieroor oortree het.

MTN het Okosa pleks van sewe werksdae net twee dae kennis gegee.

Die komitee wat oor klagte beslis, het gevind die krisis is deur MTN self geskep.

“Die wesenlike risiko vir die stelsel was weens MTN wat nie die nagevolge voorsien het van die laer pryse nie.”

In die uitspraak word ook gesê die situasie is meegebring deur MTN se “eie misrekening van die toestroming en impak van sy prysvriendelike produk”.

Lees die volledige uitspraak hier.

Volgens die komitee het MTN die regulasie bewustelik oortree.

Die kommunikasieowerheid het besluit daar is genoeg versagtende omstandighede om nie die maksimum boete op te lê nie, maar wou dit ook nie laat blyk dat MTN net op die vingers getik is nie.

Die voorwaarde vir die opgeskorte boete is dat MTN nie in die komende drie jaar weer aan ’n oortreding van regulasie 9 skuldig bevind word nie.

’n Lisensiehouer kan vir ’n oortreding van die regulasie ’n maksimum boete van R5 miljoen of 10% van sy jaarlikse omset opgelê word, afhangende van watter een die grootste is. Volgens Fin24 sou dit bykans R5 miljard beloop het – Fin24, bygewerk

Meer oor:  Okosa  |  Mtn  |  Regulasies  |  Whatsapp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.