Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
MTN toets blitsvinnige 5G in Gauteng

MTN het amptelik sy nuwe 5G-selfoonsein by die Kyalami Grand Prix Circuit and International Convention Centre in Midrand begin toets.

MTN loots tans sy eerste toets van 5G-sein in Gauteng.

Die nuutste standaard vir selfoonsein word stelselmatig wêreldwyd getoets en gaan na bewering in die nabye toekoms kan oorneem van die huidige 4G-standaard. Dis nou sodra selfoonvervaardigers dié kapasiteit op groot skaal in toestelle begin inbou én as breëbandspektrum beskikbaar word.

MTN sê in ’n verklaring dis die eerste keer dat hy 5G toets met regte toestelle en dienste wat vir gewone mense beskikbaar is.

Die projek word in samewerking met die konvensiesentrum gedoen en mik om die waarde van 5G op kommersiële vlak saam te evalueer.

MTN sê dié soort projek lê ook die fondament vir groter toetse vir die algehele publiek in die “nabye toekoms”.

Giovanni Chiarelli, uitvoerende hoof van tegnologie en informasie by MTN, sê die maatskappy werk hard om al die moontlike gebruikspatrone vir 5G te identifiseer voordat dit op groot skaal bekendgestel word.

“MTN werk met verskeie vennote saam om nuwe potensiële gebruike vir 5G te identifiseer en vas te stel hoe dit verskillende bedrywe kan transformeer,” sê Chiarelli.

“Die Kyalami Grand Prix Circuit and International Convention Centre gee vir MTN ’n unieke geleentheid om 5G-dienste te toets binne ’n korporatiewe en openbare binnenshuise omgewing waar ons nog gevorderde 5G- internet-van-dinge-toestelle ook kan probeer.”

Spoed van 630 Mbps vir aflaai en 130 Mbps vir oplaai word tans behaal.

Individue binne die kompleks, insluitend konferensiegangers, kan dié netwerk danksy WiFi benut. Spesiale modums omskep die 5G-sein in “normale” WiFi aangesien bestaande fone nog nie die 5G kan opvang nie.

Slimfone sal na verwagting binne die volgende paar jaar regstreeks 5G-sein kan optel en verwerk sonder die noodsaaklikheid van WiFi as middelman.

“Die belangrikste uitdaging wat voorkom dat MTN kommersieel 5G-dienste bekend stel, is die gebrek aan 5G-spektrum,” sê Chiarelli.

“Ten spyte van die gebrek aan gelisensieerde 5G-spektrum het MTN egter voortgegaan om die gebruik van 5G-tegnologie binne die land te bewerkstellig sodat MTN in ’n ideale posisie sal wees om 5G-behoeftes in ’n verskeidenheid omgewings en industrieë te kan ondersteun.”

Meer oor:  Mtn  |  Data  |  Selfoontorings  |  5G
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.