Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
MTN verloor byna 2 m. intekenare

’n Enorme 12 miljoen selfoon-intekenare is in Nigerië verloor weens veranderinge aan die land se regulasies oor die registrasie van SIM-kaarte.

Die verlies van intekenare deur alle netwerke het MTN ook hard getref. Sien regstelling hieronder.

MTN moes in 2019 $1,5 miljard opdok omdat hy nie voldoen het aan die eerste regulasies hieroor het nie.

MTN bly groei ten spyte van die Covid-19-pandemie. Foto: MTN

Danksy stewige groei in ander lande het die selfoonmaatskappy eindelik net 1,7 miljoen intekenare verloor en hy het nou 277,9 miljoen intekenare, sê die groep in ’n verslag oor die eerste kwartaal van 2021.

MTN het die meeste intekenare in Nigerië uit die 21 lande in Afrika en die Midde-Ooste waarin hy sake doen.

Ondanks die daling in die getal intekenare het die groep se inkomste en wins stewig gestyg.

Ralph Mupita, president van die groep, het gesê die groep se Ambition 2025-strategie is ten spyte van die uitdagende Covid-19-pandemie steeds op koers.

Volgens MTN se verslag het die totale getal intekenare vir Suid-Afrika vergeleke met die eerste kwartaal in 2020 met ongeveer 95 000 tot 32,1 miljoen gestyg. Daar is sowat 79 000 meer kontrakintekenare, vir ’n totaal van 6,8 miljoen.

10 GB per maand

Die voorafbetaalde intekenaarbasis het op 25,3 miljoen, met meer as 16 000 nuwe intekenare, gesluit.

Die totale inkomste uit mobiele data het met 18,5% gegroei danksy sterk groei in dataverkeer, wat met 76,3% toegeneem het.

MTN het gesê dat die aktiewe voorafbetaalde data-intekenare gemiddeld ongeveer 2 GB data per maand gebruik, terwyl kontrak-data-intekenare byna 10 GB data per maand gebruik.

Baie van MTN se groei is deur die toename in inkomste uit data en finansiële tegnologie aangedryf.

Inkomste uit dienste het met 17,8% tot R42,3 miljard gegroei.

Die verdienste voor rente, belasting, waardevermindering en amortisasie (ebitda) het met 21,3% gestyg en die ebitda-winsgrens het vanaf 42,7% tot 44,2% gestyg.

“Die algehele groepresultate is ondersteun deur die dubbelsyfergroei in dienste-inkomste uit ons groot bedrywighede en die voortgesette fokus op ons program vir kostedoeltreffendheid. Ons word veral bemoedig deur die sterk prestasie van MTN Suid-Afrika, asook die versnelling van data- en fintegnologie-dienste in die hele groep in die tydperk,” het Mupita gesê.

Regstelling: In ’n vorige weergawe van die berig is verkeerdelik geskryf MTN self het 12 miljoen intekenare in Nigerië verloor. MTN dui nie aan hoeveel intekenare hy in die land verloor het nie. Die verlies is oor alle netwerke, maar MTN is die grootste diensverskaffer in Nigerië, met ’n markaandeel van nagenoeg 38%.

Meer oor:  Mtn  |  Selfoondienste  |  Slimfone  |  Diensverskaffers  |  Tegnologie  |  Resultate
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.