Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
MTN voldoen nou aan dié enkele vereiste oor data
Een van MTN se takke in Johannesburg. Foto: Reuters

MTN is een stap nader daaraan om te voldoen aan die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) se nuwe datareëls wat teen einde Februarie in werking tree.

In ’n verklaring sê die diensverskaffer hy het die “eerste fase” van die implementering van die nuwe datareëls voltooi.

MTN voldoen nou aan een van Okosa se vereistes, spesifiek dat gebruikers ingelig moet word sodra meer as 50% van hul beskikbare data opgebruik is.

Dit beteken MTN stuur nou ’n SMS aan gebruikers sodra 50% en dan 80% van hul beskikbare data opgebruik is, en weer as die gebruiker niks data meer oor het nie.

Jacqui O’Sullivan, hoof van korporatiewe sake, sê die diensverskaffer het dag en nag gewerk om “uitgebreide veranderinge aan sy stelsels aan te bring ten einde te voldoen aan die nuwe regulasies”.

Die diensverskaffer het egter nog ’n lang pad wat voorlê.

Buiten vir die SMS aan gebruikers oor hul oorblywende data, mag diensverskaffers eersdaags ook nie meer buitebondeltariewe vir data vra sonder gebruikers se uitdruklike toestemming nie.

Diensverskaffers moet gebruikers ook toelaat om ongebruikte data na ’n volgende kalendermaand oor te dra, sowel as om data van een rekening na ’n ander op dieselfde netwerk oor te plaas.

Lees ook: Jou data sal binne 3 maande nie meer verval

Sover voldoen MTN nog net aan een van dié vereistes.

Die diensverskaffer het verlede jaar vertoë aan Okosa gerig oor waarom diensverskaffers meer tyd benodig om aan die nuwe regulasies te voldoen.

Okosa wou aanvanklik hê diensverskaffers moes reeds in Junie aan al die vereistes voldoen, maar ’n dringende hofaansoek deur Cell C het dié sperdatum aanvanklik onbepaald uitgestel.

Die partye het in November ooreengekom op ’n nuwe datum: 28 Februarie.

Telkom voldoen reeds aan drie van Okosa se vereistes, naamlik die oordrag van data na ’n volgende kalendermaand, die stuur van ’n SMS oor gebruikers se oorblywende data en om nie sonder toestemming buitebondeltariewe te vra nie.

Terselfdertyd voldoen Cell C aan twee regulasies, naamlik die stuur van die nodige SMS’e en om nie buitebondeltariewe sonder toestemming te vra nie.

Vodacom stuur ook reeds die nodige SMS’e en het in November aangedui dat hy vordering maak met die implementering van die ander vereistes.

Meer oor:  Mtn  |  Data  |  Diensverskaffer  |  Datakoste  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.