Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
MTN wen kontrak as staat se mobiele verskaffer

MTN is pas aangestel as verskaffer van mobiele telekommunikasiedienste aan die regering vir die volgende vyf jaar.

MTN pleit dat die veiling van spektrum afgehandel word. Foto: Getty Images

Vodacom het die vorige kontrak, wat in September 2016 begin het, gehou. Dit loop op 31 Maart ten einde.

MTN se enorme kontrak sal tot Maart 2026 duur.

Die groep het onlangs in sy jaareindresultate getoon dat die Covid-19-pandemie hom heel goed behandel het danksy die groter vraag na data. Nou het hy nog ’n veer in sy hoed gesteek.

MTN het in ’n verklaring gesê hy is trots om aan te kondig dat die tesourie se bodbeoordelingskomitee hom aangewys het as verskaffer vir alle staatsentiteite.

Onder die vereistes was dat staatsamptenare onbeperkte data teen niks meer nie as R500 per gebruiker moet kan bekom.

Godfrey Motsa, uitvoerende hoof van MTN Suid-Afrika, sê dat hy en sy uitvoerende span trots is om die land te dien deur die lewering van dié belangrike dienste.

“Ons is almal nederig en vereer deur die geloof wat die tesourie in MTN met dié kritieke vennootskap getoon het en dít oor ’n termyn van vyf jaar.

“ ’n Groot span van MTN het maande lank die staat se vereistes bestudeer en daarna die beste oplossings ontwikkel om nie net aan die verwagtinge te voldoen nie, maar dit te oortref.”

Motsa het die kans gebruik om te pleit dat die opveil van breëbandspektrum nou gedoen word. Dis ’n proses wat al 14 jaar sloer – en eintlik het MTN self ’n hofsaak teen die voorgestelde proses begin.

Wanda Matandela, hoofondernemingsbeampte van MTN Suid-Afrika, sê die omvang van die kontrak maak dit kritiek en fassinerend.

“Benewens mobiele toestelle, bykomstighede en dienste met toegevoegde waarde, is daar belangrike operasies wat in standgehou moet word, soos lugbedrywighede, die behoeftes van die spesiale taakspan, see-, spoor-, satelliet- en ander kritieke funksies.”

Besoek die tesourie se webwerf vir meer inligting oor die kontrak en wat dit vir staatsdepartemente beteken.

Meer oor:  Mtn  |  Vodacom  |  Slimfone  |  Spektrum  |  Breëband  |  Selfoonmaatskappye  |  Tegnologie  |  Data  |  Internet  |  Telekommunikasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.