Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
MultiChoice: Boete van R63 mjd. ‘buitensporig’

As Nigeriese owerhede aandring dat MultiChoice ’n boete van R63 miljard opdok as boete vir beweerde oortredings, sal dit beter wees as die vermaakmaatskappy hom eenvoudig aan dié land onttrek.

Multichoice bedryf onder meer DStv in Suid-Afrika, maar sy tweede grootste mark is NIgerië. Foto: Unsplash

Dís die mening van Vaughan Henkel, hoof van aandele-navorsing van PSG Wealth.

Henkel meen egter wel dat MultiChoice daarin sal slaag om te onderhandel dat die “buitensporige” boete verlaag word.

MultiChoice se probleme is baie vergelykbaar met dié van MTN Nigerië in 2015.

MultiChoice word daarvan beskuldig dat hy nie inligting oor al sy intekenare aan Nigeriese owerhede bekend gemaak het soos die wet vereis nie. Dis soortgelyk aan die beskuldiging dat MTN nie sy intekenare behoorlik geverifieer het nie.

Henkel sê die R63 miljard is agt keer meer as die inkomste wat MultiChoice Nigerië in die boekjaar tot einde Maart verdien het.

“Gegewe die grootte van MultiChoice se Nigeriese bates, dink ons dat die boete in die ergste geval tussen R4 miljard en R5 miljard sal beloop, soos die geval met MTN was.”

MultiChoice Nigeria het ongeveer R4 miljard se bates, waarvan ongeveer R2,3 miljard kontant is. Die entiteit het ook ongeveer R23,4 miljard se aanspreeklikhede, die grootste deel teenoor verwante partye van die groep, hoofsaaklik MultiChoice Africa.

“So ons glo dat dit onrealisties is dat die groep meer betaal as wat die bates werd is. Dit sal dan eerder in die beste belang van die groep wees om Nigerië net te verlaat.”

Met meer as 20,9 miljoen aktiewe intekenare is MultiChoice die grootste verskaffer van videovermaak in Afrika. Ná Suid-Afrika is Nigerië die grootste enkele mark vir die groep en hy vervaardig heelwat Nigeriese televisieprogramme.

MultiChoice self het reeds gesê hy onderhandel met die Nigeriese owerhede en glo nie hy is dié geld verskuldig nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.