Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
MultiChoice gaan voort met afleggings
MultiChoice se hoofkantoor in Johannesburg.

MultiChoice gaan voort met die beplande aflegging van 2 194 werknemers, ondanks besware van vakbonde wat meen hulle is nie oor die proses gekonsulteer nie.

MultiChoice, wat die betaaltelevisiediens DStv en die stromingsdiens Showmax bedryf, het Vrydag aangekondig hy gaan talle werknemers by sy winkels en inbelsentrums aflê as deel van ’n groot herstruktureringsproses.

In ’n verklaring Dinsdagaand sê MultiChoice hy kan “met gemak” sê hy het behoorlik en ingevolge arbeidswetgewing opgetree en al die nodige partye gekonsulteer.

Die Information and Communication Technology Union (Ictu) het egter vroeër die week die maatskappy daarvan beskuldig dat hy “onregmatig” met ’n art. 189-proses begin het met die doel om dié werknemers by sy oproepsentrums en winkels af te dank.

Joe Heshu, groephoof vir korporatiewe sake, het by navraag nie Ictu se bewerings bevestig of ontken nie, maar wel gesê die maatskappy gaan voort om “al die betrokke partye” te konsulteer.

Thabang Mothelko, Itcu se skakelbeampte, sê egter MultiChoice het intussen “onvoorwaardelik om verskoning” gevra dat hy nie die vakbond vroeër gekonsulteer het nie. Ictu beweer hy verteenwoordig 1 790 van die betrokke werkers, maar die vakbond het nie ’n bedingingsooreenkoms met MultiChoice nie.

Die Communication Workers Union (CWU) is die enigste vakbond wat wel een het.

Onderhandelinge tussen die CWU, MultiChoice en die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie begin Vrydag.

Meer oor:  Dstv  |  Multichoice  |  Tegnologie  |  Maatskappye  |  Afleggings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.