Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
MultiChoice in Nigerië voor stok oor R63 mjd.

MultiChoice sê sy Nigeriese filiaal is nog glad nie verwittig dat die maatskappy se bankrekeninge deur die Nigeriese inkomstediens bevries gaan word nie.

MultiChoice Africa het probleme in Nigerië. Foto: MultiChoice

Tech Central berig die Nigeriese inkomstediens het banke opdrag gegee om MultiChoice se rekeninge te bevries en 1,8 miljard naira (nagenoeg R63 miljard) se belasting te verhaal wat MultiChoice “skuld”.

Die ondernemings is deel van die Suid-Afrikaanse MultiChoice-groep, wat betaaltelevisie- en stromingsdienste, asook dobbelplatforms in die hele Afrika lewer.

Die banke moet die geld van uitstaande belastingverpligtinge van MultiChoice Africa en MultiChoice Nigerië verhaal, sê die Federal Inland Revenue Service (Firs) in ’n verklaring.

“Daar is ontdek dat die maatskappye voortdurend alle ooreenkomste en verbintenisse met die diens verbreek het. Hulle het nie dadelik op korrespondensie gereageer nie, het ’n tekort aan data-integriteit en is nie deursigtig nie aangesien hulle Firs voortdurend toegang tot hul rekords weier,” sê Firs.

MultiChoice het aan Netwerk24 gesê dat hy wel Firs se verklaring gelees het en tans met hom daaroor onderhandel.

“Ons het die mediaberigte en die verklarings van Firs gelees. MultiChoice Nigerië het egter nog geen kennisgewing van Firs ontvang nie,” sê hy.

“Ten spyte daarvan respekteer MultiChoice Nigerië se belastingwette en is die Nigeriese kantoor gemaklik dat hy daaraan voldoen. Ons was en is tans in gesprek met Firs oor hul bekommernisse en glo dat ons die saak op vriendskaplike wyse sal kan oplos.”

MultiChoice-aandele het Dinsdag met meer as 5% gesak nadat die nuus van Nigerië bekend geword het.

Verskeie Suid-Afrikaanse maatskappye, ook MTN, het al met Nigeriese reguleerders vasgesit.

Meer oor:  Multichoice  |  Nigerië  |  Televisie  |  Stromingsdienste  |  Betaaltelevisie  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.