Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
MultiChoice kondig skuiwe op direksie aan
MultiChoice het in Maart op die JSE noteer.

MultiChoice het aangekondig hy gaan die uitvoerende rolle op sy direksie verander.

Imtiaz Patel, uitvoerende voorsitter van die direksie, gaan op 1 Oktober 2020 ’n nie-uitvoerende voorsitter word.

Calvo Mawela, die groep se uitvoerende hoof, sal dan volle uitvoerende verantwoordelikheid aanvaar.

Die nuus is op Sens aangekondig en volg op ’n direkteursvergadering op 11 November.

Aandeelhouers dring al hoe meer daarop aan dat voorsitters nie ook uitvoerende rolle vervul nie. Die King-beginsels van goeie korporatiewe beheer vereis ook dat daar benewens ’n voorsitter ’n leidende onafhanklike direkteur moet wees.

Meer oor:  Multichoice  |  Tegnologie  |  Direksie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.