Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
MultiChoice rol die dobbelstene

MultiChoice sê hy beoog om teen Augustus ’n 49%-belang in BetKing te besit deur $282 miljoen te bestee.

Die groep sê belegging in BetKing is deel van sy fokus om van sy ander inkomstestrome te groei.

Die groep het Donderdag sy resultate vir die jaar tot einde Maart 2021 bekend gemaak.

LEES OOK: Min sport: DStv Premium verloor 100 000 intekenare

Hoewel die groep weer van sy Premium-intekenare moes afstaan, sê Tim Jacobs, finansiële hoof, dat hulle beoog om van die intekenare terug te lok.

Multichoice kyk na nuwe markte om Premium-intekenare se getalle op te maak. Foto: Unsplash

Volgens Jacobs is baie van die Premium-intekenare weg as gevolg van die Covid-19-pandemie – mense het hul inkomste verloor – en ook omdat sportgeleenthede as gevolg daarvan nie plaasgevind het nie.

“Hoewel Covid-19 ’n negatiewe impak gehad het veral op sport, was daar ook positiewe faktore. Mense wat by die huis was gedurende die inperkings, veral dié met kinders, het eintlik gehelp,” het Jacobs gesê.

Die groep se totale aantal intekenare in Suid-Afrika het wel met 500 000 tot 8,9 miljoen gestyg, en wêreldwyd met 1,4 miljoen tot 11,9 miljoen.

Jacobs meen Premium-intekenare sal nog ’n ruk lank daal totdat mense weer seker is oor waar hul inkomste vandaan kom.

Jacobs voel wel die feit dat die groep nou gewilde stromingsdienste soos Netflix en Amazon Prime aanbied as deel van Premium-intekenare se pakkette, gee hulle meer opsies.

“Intekenare hoef nie meer by al die verskillende dienste in te koop as hulle die nuwe Explora Ultra-dekodeerder aanskaf nie. Die dienste is ingesluit en klante kan besluit om dit aan of af te sit wanneer hulle wil.”

Benewens die gewone videovermaak sê Jacobs dat MultiChoice nou besig is om uit te brei in die mark vir e-videospeletjies en aanlyn sportweddenskappe.

“Mense kyk nou e-videospeletjie-toernooie en regstreekse aanlyn weddenskappe en daarom het ons besluit om die groot belegging te maak in BetKing. Ons het eers net 20% gekoop verlede jaar Oktober, maar ons gaan dit nou probeer vergroot na 49% in Augustus.”

Jacobs noem die skuiwe is veral omdat die jonger mark nou meer geneig is om hul oog op die verskillende vorme van vermaak te hou.

“Daarom is ons baie opgewonde oor die volgende vyf tot tien jaar en die veranderinge wat kom in dié markte.”

Meer oor:  Multichoice  |  Dobbel  |  Tegnologie  |  Televisie  |  Tv  |  Stromingsdienste  |  Betaaltelevisie  |  Dobbelbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.