Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
MultiChoice sê gou wie Afro Woldview opvolg

Die nuuskanaal Afro Woldview (DStv-kanaal 405) het Maandagaand om middernag van die lug verdwyn nadat sy kontrak met MultiChoice verstryk het.

Mzwanele Manyi, eienaar van die mediamaatskappy wat Afro Worldview besit het. Foto: Daily Sun

Volgens die uitsaaier word die kanaal se opvolger op 28 Augustus aangekondig.

Mzwanele Manyi, Afro Worldview se eienaar, het werknemers Maandag ingelig dat hulle van Dinsdag af tot verdere kennisgewing tuis kan bly.

Volgens News24 het dié aankondiging verskeie werknemers onkant gevang, al het MultiChoice reeds in Januarie gesê hy gaan nie sy kontrak met Afro Worldview, voorheen bekend as ANN7, hernu nie.

MultiChoice is reeds maande lank op soek na ’n plaasvervanger. Die uitsaaier is spesifiek op soek na ’n Suid-Afrikaanse, oorheersend Engelse nuuskanaal wat besit, bedryf en bestuur word deur ’n onafhanklike swartbeheerde maatskappy.

Die uitsaaier het vroeër vandeesmaand by navraag gesê die proses om ’n suksesvolle bieër vir die nuwe kanaal te vind, is nog nie afgehandel nie. Meer as 60 maatskappye het tenders ingedien.

Hoewel die suksesvolle kandidaat op 28 Augustus aangewys word, is dit nog nie duidelik wanneer dit op die lug sal wees nie.

Al wat nou op kanaal 405 verskyn is ’n foutboodskap wat lui dat die kanaal “nie beskikbaar is nie” en “gereserveer is vir toekomstige gebruik”.

Die sluiting van die kanaal volg kort op die hakke van die sluiting van die koerant Afro Voice, voorheen bekend as The New Age.

Manyi het die koerant en TV-kanaal in 2017 van die omstrede Gupta-familie bekom.

Meer oor:  Dstv  |  The New Age  |  Ann7  |  Afro Worldview  |  Multichoice  |  Afro Voice  |  Mzwanele Manyi  |  Betaaltelevisie  |  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.