Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
MultiChoice verwag sy wins gaan R1 mjd. méér wees
televisie, dstv, multichoice
MultiChoice verwag skitterende resultate vir die halfjaar tot einde September. Foto: Unsplash

MultiChoice verwag om aanstaande week skitterende resultate vir die ses maande tot einde September aan te kondig.

In ’n handelsoorsig Donderdag op die JSE se nuusdiens, Sens, sê die maatskappy hy verwag dat sy wesensverdienste per aandeel met tussen 70c en 88c gaan styg vergeleke met die vorige jaar.

MultiChoice verwag terselfdertyd dat sy handelswins tot R1 miljard méér sal wees as die vorige jaar, toe sy handelswins R3,9 miljard beloop het.

Sy verdienste per aandeel sal tussen R2,49 en R2,64 wees, heelwat meer as die 79c van die vorige jaar.

Die maatskappy meen die rede vir sy skitterende syfers is tweeledig:

  • ’n Verbetering in handelsprestasie; en
  • Die laer waardevermindering van die rand teenoor die dollar, wat beteken die maatskappy het minder buitelandse valutaverliese gehad.

Die betaaltelevisiediens, wat onder meer DStv en die stromingsdiens Showmax bedryf, reik op 11 November sy finale halfjaarresultate uit.

Sy aandeelprys het Donderdag met bykans 1% tot R125,25 toegeneem.

Meer oor:  Dstv  |  Multichoice  |  Tegnologie  |  Handelsoorsig  |  Betaaltelevisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.