Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
MultiChoice wil jong entrepreneurs help

MultiChoice het ’n nuwe beleggingsfonds gestig spesifiek om jong entrepreneurs, en veral vroue, in die vermaaklikheidsbedryf met finansiering by te staan.

Dit geld ondernemings in die tegnologie-, media- of rolprentbedryf.

Die maatskappy hoop om met sy MultiChoice Innovation Fund uiteindelik spesifiek in Suid-Afrika R180 miljoen in nuwe ondernemings te belê.

Entrepreneurs of bestaande klein ondernemings wat tegnologie in die uitsaaiwese ontwikkel of inhoud skep (dus ook rolprentmakers en vervaardigers), kan vir die geldhulp aansoek doen.

“Die vermaaklikheidsbedryf, en inderdaad die wêreld soos ons dit ken, is op ’n fassinerende digitale pad en ons moet toesien dat dit ons nie vooruitloop nie,” sê Calvo Mawela, uitvoerende hoof van MultiChoice.

“Ons wil met die mees opwindende entrepreneurs saamwerk om hulle die gereedskap, vaardighede en finansiële ondersteuning te bied om hul oorspronklike idees ’n werklikheid te maak.”

MultiChoice beplan om, benewens in Johannesburg, ook in Durban, Kaapstad, Port Elizabeth en in Limpopo geleenthede te bied vir entrepreneurs om met hom oor moontlike finansiering te gesels.

Hoewel MultiChoice met sy nuwe beleggingsfonds spesifiek op jong mense en vroue fokus, kan enige kleinsakeonderneming met ’n jaarlikse omset van minder as R50 miljoen aansoek doen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.