Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Musk dalk van bedrog aangekla vir Tesla-twiet
Elon Musk is dikwels in die moeilikheid vir sy uitlatings op Twitter. Foto: Getty Images

Tesla en Elon Musk, sy eksentrieke uitvoerende hoof, kan van bedrog aangekla word ná sy omstrede twiet wat die maatskappy se aandeelprys die laaste tyd wild laat skommel het.

Hy het in Augustus getwiet Tesla wil privatiseer teen $420 per aandeel.

Só ’n aankondiging deur ’n maatskappy se uitvoerende hoof is strydig met wetgewing. ’n Genoteerde maatskappy moet minstens vier dae voor ’n groot aankondiging die Securities and Exchange Commission (SEC) amptelik daarvan inlig. Musk het versuim om dit te doen. Die SEC het reeds met ’n ondersoek begin oor die bekendmaking van belangrike inligting wat die aandeelprys wesenlik raak.

Die nuus dat daar boonop ’n misdaadondersoek teen Musk is, het Tesla se aandeelprys Dinsdag met tot 7% laat daal.

Die maatskappy het bevestig die Amerikaanse departement van justisie het hom gekontak.

ABC News berig die departement het Tesla gevra om sekere dokumente te oorhandig en die maatskappy het daartoe ingestem. Tot dusver is geen hofbevel uitgereik nie en Tesla gee vrywillig sy samewerking aan die departement.

Die ondersoek het maar pas begin en kan maande duur, meen kenners.

Sowat drie weke ná sy aanvanklike twiet het Musk van deuntjie verander en gesê dis dalk nie so ’n goeie plan om Tesla te denoteer nie. Dit was nadat die maatskappy se direksie aangedui het hulle stem nie saam met hom nie.

Om Musk skuldig te bevind aan bedrog, sal die staat moet bewys hy het die aandeelprys doelbewus probeer manipuleer.

Meer oor:  Tesla  |  Twitter  |  Elon Musk  |  Tegnologie  |  Bedrog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.