Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Musk: Dís hoekom die vensters versplinter het

Elon Musk, uitvoerende hoof van Tesla, het ’n baie eenvoudige rede gegee vir waarom die vensters van sy elektriese bakkie versplinter het.

’n Hou met ’n voorhamer op die deur kort voordat ’n metaalbal teen die bakkie se vensters gegooi is, was volgens hom die sondaar.

Musk sê in ’n antwoord op ’n twiet “die impak van die voorhamer op die deur het die onderkant van die glas gekraak. Dit is hoekom die staalbal nie afgebons het nie. Moes eers die staalbal teen die venster gedoen het, en dan die voorhamer teen die deur. Volgende keer.”

Musk het behoorlik op sosiale media deurgeloop nadat hy met die bekendstelling van die bakkie baie gespog het oor hoe sterk dit is.

“Jy wil ’n bakkie hê wat jy met ’n voorhamer kan slaan, een wat nie skrape of duike kry nie.”

Hy het toe een van Tesla se ontwerpers gevra om die metaalbal na die venster te gooi.

Toe die ruit versplinter, was Musk se eerste reaksie “O my *#$&”.

Hy het hom toe genooi om ’n ander ruit te probeer. Dié ruit het net soos die vorige een ook versplinter. Die bal het wel nie deur die ruite heeltemal laat breek nie.

Volgens Musk het Tesla reeds meer as 200 000 bestellings vir die bakkie gekry.

Hy sê daar sal ’n plan gemaak word om te verseker dat die vensters nie in die toekoms so maklik sal kan versplinter nie.

Musk se verduideliking oor hoekom die vensters gebreek het.Foto: Twitter

Meer oor:  Tesla  |  Elon Musk  |  Elektriese Bakkie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.