Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
’n Jas wat netjies pas, danksy nuwe aanlyn tegnologie

Internasionale aanlyn klerewinkels met baie geld kan hul inkomste ’n goeie hupstoot gee danksy nuwe tegnologie wat kopers in staat stel om klere virtueel aan te pas – waar hulle hulle ook al op die aardbol bevind.

’n Skermgreep van die webwerf van Fit Analytics wat tegnologie beskikbaar stel sodat mense die regte grootte klere en skoene aanlyn kan koop.

Kleinhandelaars, veral dié wat aanlyn handel dryf, verloor jaarliks groot bedrae geld omdat klante items terugstuur wat nie pas nie.

Die VSA se National Retail Federation (NRF) raam dat kopers in 2020 $428 miljard (meer as R6 000 miljard) se gebruiksartikels teruggestuur het.

Tegnologie kan hiermee help.

Levi’s, die bekende denim-handelsmerk, het onlangs die app MySizeID in sekere markte begin inspan om aan sy klante die opsie te bied om klere virtueel aan te pas.

Die ontwikkelaar van die app het ’n sensor-gegronde tegnologie ontwikkel wat met verskeie algoritmes ’n mens se mates neem. Dit berus op kunsmatige intelligensie wat die geslag, lengte en gewig wat kopers insleutel, omskakel en die afmetings dan “paar” met die regte groottes.

Ook Fit Analytics, wat ontwikkel is deur ’n beginonderneming in Berlyn, se aanpas-tegnologie word wyd gebruik deur kleinhandelaars. Dit berus daarop dat mense hul mates insleutel, maar daar is ook die opsie vir kopers om foto’s van hulself op te laai. Deur middel van kunsmatige intelligensie word die foto’s verwerk en gepaar met net die regte romp of trui vir jou.

Walmart ontwikkel intussen ’n virtuele aantrekhokkie vir sy aanlyn kopers. Die handelswebblad modernretail.com berig dié kleinhandelreus is besig om Zeekit, ’n tegnologie-beginonderneming, oor te koop.

’n Skermgreep van die webwerf van Fit Analytics wat tegnologie beskikbaarstel sodat mense die regte grootte klere en skoene aanlyn kan koop. Foto: www.fitanalytics.com.

Zeekit se tegnologie laat kopers toe om foto’s van hulself op te laai met hul mates. ’n Virtuele dubbelganger van die individue word dan geskep. Kopers kan dan die dubbelganger “aantrek” met die klere waarin hulle belangstel.

Alhoewel die virtuele aanpas van klere nog nie algemeen is nie, kan hierdie soort tegnologie aan kleinhandelaars ’n mededingende voordeel bied.

Volgens Shopify, wat pasgemaakte webblaaie en betaaloplossings aan voornemende e-handelaars bied, is kopers wat klere virtueel aangepas het 40% minder geneig om die klere terug te stuur.

Nie almal is oortuig dat die tegnologie presies genoeg sal werk nie. Kleregroottes is dikwels ingewikkeld en dis moeilik om te voorspel presies hoe goed ’n rok sal pas.

Faisal Galaria, uitvoerende hoof van Blippar, ’n maatskappy in die aangevulde realiteit, maan dat klere aanpas-apps gebruik maak van diepte-sensors op fone. Baie min selfone het behoorlike diepte-sensors. Dit kan beteken ’n broek of jas wat volgens die app moet pas, net-net te knap of los sit.

¦ Bykomende bronne: fitanalytics.com, sourcingjournal.com, modernretail.co, techcrunch.com.

Meer oor:  Internet  |  Kleinhandel  |  Klere  |  Tegnologie  |  Klerebedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.