Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
’n Selfie? Nee, dis nou ’n slofie, sê Apple

Apple meen die wêreld het uiteindelik die kuns van die selfie bemeester, daarom is dit tyd om dié gunstelingtydverdryf onder jonk en oud ’n bietjie te verfris.

Die antwoord? ’n Slofie.

Apple het die nuwe iPhone 11 en iPhone 11 Pro en Pro Max bekend gestel. Dié nuwe toestelle word op 27 September in Suid-Afrika uitgereik. Die plaaslike prys is nog onbekend.

LEES OOK: 3 nuwe, beter - en vir 'n slag goedkoper - iPhones

Al drie hierdie toestelle bevat gevorderde kamerategnologie – glo die beste nóg in ’n slimfoon.

Dit sluit in die vermoë om sogenaamde slofies te neem, oftewel selfies wat as ’n video vertoon wat in stadige aksie geneem word.

Dis nie heeltemal duidelik of Apple die term “slofies” as ’n grap bedoel het om na dié nuwe tipe selfies te verwys nie, maar kort voor lank het elke Jan Rap en sy maat ’n eiertjie daaroor gelê.

Meer oor:  Apple  |  Iphone  |  Tegnologie  |  Selfie  |  Iphone 11
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.