Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Nando’s sit PnP se hoender ore aan

Pick n Pay se poging om sy nuwe braaihoender ’n “reënboognasie”-geur te gee, het hom uiteindelik lelik laat bloos – veral nadat Nando’s hom beetgekry het.

Die Nando's handelsmerk. Foto: Nando's

PnP het verlede week ’n nuwe bemarkingsvideo op Twitter bekend gestel om sy “lekkerder” hoenderprodukte aan verbruikers te bemark.

Die video was vir heelwat mense op Twitter ’n “verleentheid” en ander was “ongemaklik” daarmee. En Nando’s, welbekend om sy gespottery met aktuele gebeure, het nie op hom laat wag nie.

PnP se slagspreuk is: “Dis nie hoender nie, dis iNkukhu.”

Met ’n vertaling van die isiXhosa- en isiZulu-woord, lees die slagspreuke: “Dis nie hoender nie, dis hoender.”

Vir die res van die vrolike 30-sekonde-video verwys verskeie groepe Suid-Afrikaners na hul PnP-hoender as smaaklike “iNkukhu” in allerhande onverwagse omgewings.

Nando’s het die video gedeel met net een sin kommentaar: “Yuh, kwaze kwa’awks.”

Met ander woorde: “Joe, dis nou vir jou ongemaklik (awkward).”

Teen Woensdag was daar al byna 10 000 “likes” vir die Nando’s-twiet.

Die gebruiker CallMeLum het uitgewys dat die naïewe “reënboognasie”-gevoel van die video heeltemal misluk het.

Talle ander het weer kans gesien om te sê PnP se hoender gaan blykbaar net soos sy ou hoender wees: “ongesout” en “sonder speserye”.

Daar was wel ’n hele paar aanhangers van PnP se hoender wat vir hom probeer opkom het, maar ongelukkig was die meeste mense al so omgekrap en opgewerk dat die skade reeds gedoen is.

PnP het toe slegs een twiet in antwoord gepubliseer wat om verskoning gevra het vir enige negatiewe gevoelens wat hy veroorsaak het.

Een gebruiker het op Twitter ook vir Nando’s geterg en gesê dat die kleinhandelaar in weerwraak dalk Nando’s se souse van sy rakke sal verwyder. Nando’s se prentjie dui egter ooglopend aan hy is nie bang vir so ’n verwikkeling nie.

Meer oor:  Nando's  |  Pnp  |  Tegnologie  |  Hoender  |  Sosiale Media  |  Advertensies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.