Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Naspers belê R100 m. in onderneming vir boere
Naspers het R100 miljoen in Aerobotics, ’n onderneming wat boere help, belê. Foto:

Naspers het R100 miljoen in Aerobotics, ’n beginneronderneming in die landboubedryf, belê.

Aerobotics verskaf tegnologie aan boere om landerye en boorde met die gebruik van hommeltuie en satellietbeelde optimaal te benut.

Die belegging is deur Naspers Foundry, ’n spesiale beleggingsfonds van Naspers, gemaak.

Dis dieselfde fonds wat voorheen R30 miljoen in SweepSouth, alom bekend as die “Uber vir huiswerkers”, belê het.

Aerobotics word reeds as een van die mees toonaangewende tegnologiemaatskappye in die landboubedryf beskou.

Die onderneming het in 2019 ’n vennootskap met AgriSA aangegaan waarvolgens Aerobotics se tegnologie gratis aan plaaslike boere gebied word om siektes en plae vroegtydig op gewasse te bespeur danksy satellietbeelde.

“Ons reis het nou maar eers begin, maar Aerobotics het reeds gewys hy kan inligting versamel en ontleed wat noodsaaklik is in die landboubedryf,” sê James Paterson, medestigter en uitvoerende hoof.

Die onderneming het verskeie klante in Suid-Afrika, maar ook in die VSA, waar dit grootskaalse vrugteboere bystaan.

Paterson sê die maatskappy is opgewonde oor die vennootskap met Naspers.

“Voedselsekerheid is van uiterste belang vir Suid-Afrika, en Aerobotics bied ’n positiewe bydrae in die behoud daarvan,” sê Phuthi Mahanyele-Dabengwa, hoof van Naspers in Suid-Afrika.

Aerobotics het Suid-Afrika ook ’n jaar gelede by die Viva-tegnologiekonferensie in Parys, Frankryk, gaan verteenwoordig.

Hoewel die belegging reeds deur die Naspers Foundry toegestaan is, is dit steeds onderhewig aan goedkeuring deur plaaslike owerhede.

Naspers het die Naspers Foundry einde 2018 aangekondig. Dié fonds bewillig R1,4 miljard in beleggings in plaaslike beginnerondernemings in die tegnologiebedryf.

Die belegging in Aerobotics is die tweede groot belegging deur die fonds.

  • Netwerk24 is deel van Media24, ’n filiaal van Naspers.
Meer oor:  Naspers  |  Tegnologie  |  Maatskappye  |  Naspers Foundry  |  Belegging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.