Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Naspers belê R30 miljoen in SweepSouth

Naspers het R30 miljoen belê in SweepSouth, ’n onderneming wat as die Uber vir huiswerkers beskryf word.

Aisha Pandor en haar man, Alan Ribic, het albei hul loopbane verruil om as entrepreneurs ’n verskil te maak in die skoonmakersbedryf. Foto: Clare Louis Thomas, Image Incubator

Dié Suid-Afrikaanse aanvangsonderneming het ’n ruim belegging van R30 miljoen van Naspers ontvang.

SweepSouth help deeltydse werk vir duisende huiswerkers landwyd skep met behulp van ’n app waardeur mense ’n huiswerker “bestel”

Die belegging is gedoen vanuit die Naspers Foundry, ’n spesiale fonds wat Naspers in Oktober 2018 tydens pres. Cyril Ramaphosa se beleggingsberaad ingestel het met die uitsluitlike doel om in nuwe Suid-Afrikaanse tegnologieprodukte te belê. Dis die Foundry se heel eerste belegging sedertdien.

LEES OOK: Uber vir huishulpe: Minister se dogter het goudmyn

Aisha Pandor, medestigter van SweepSouth, sê in ’n verklaring hulle is ekstaties oor Naspers se belegging en hoop dat die geld aangewend kan word om die maatskappy te help om ook na die buiteland uit te brei.

SweepSouth stel mense in staat om die dienste van ’n huiswerker met ’n app te bekom.

“Ons beskou onsself as ’n platform wat fokus op ontluikende markte met die doel om aan professionele mense ’n diens te bied waarvoor hulle nie die tyd of mannekrag het nie.”

SweepSouth hoop ook om aan duisende méér mense werk te verskaf. Die maatskappy help reeds meer as 10 000 huiswerkers om landwyd ’n inkomste te verdien.

Dié huiswerkers word ook beduidend meer as die nasionale minimum loon betaal, sê Pandor.

Sy het SweepSouth in 2014 saam met haar man, Alen Ribic, begin. Pandor is die dogter van Naledi Pandor, Suid-Afrika se minister van internasionale betrekkinge en samewerking.

In ’n verklaring sê Bob van Dijk, Naspers se uitvoerende hoof, die maatskappy is opgewonde om SweepSouth in die Naspers-familie te verwelkom. 

“Entrepreneurs soos Aisha en Alen wat innoverende tegnologie benut om mense se lewens te verbeter, is vir ons ’n inspirasie.”

LEES OOK: Huiswerkers ‘kan nie van dié lae loon leef’

Die Foundry beplan om oor die volgende drie jaar R1,4 miljard in tegnologiemaatskappye soos SweepSouth te belê.

Beleggings in sy ander Suid-Afrikaanse belange, waaronder Takealot, OLX en Mr D Food, gaan ook voort, sê Van Dijk.

Naspers kondig Vrydag sy resultate vir die jaar tot einde Maart aan.

  • Netwerk24 is deel van Media24, ’n filiaal van Naspers.
Meer oor:  Naspers Foundry  |  Naspers  |  Sweepsouth  |  Bob Van Dijk  |  Tegnologie  |  Huiswerkers  |  Apps  |  Huishulp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.