Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Naspers-filiaal belê groot in Turkye

Naspers se filiaal PayU gaan Iyzico, ’n Turkse maatskappy wat digitale betalings verwerk, vir $165 miljoen aanskaf. Dis PayU se grootste verkryging in finansiële tegnologie nóg.

Die hoofkantoor van Naspers in Kaapstad.

Die transaksie sal PayU blootstelling gee aan Turkye se e-handelmark, wat teen meer as 10% per jaar groei, sê die maatskappy in ’n verklaring.

PayU het die afgelope ruk verskeie verkrygings en bykomende beleggings in finansiële tegnologie gedoen, onder meer in die Duitse firma Kreditech, die Israelse firma Zooz, en die Amerikaanse firma Wibmo.

Altesame beloop sy beleggings sedert 2016 al $500 miljoen.

Naspers beskou geklassifiseerde advertensies, kosaflewering en finansiële tegnologie as die drie groot groeigebiede vir die groep oor die volgende paar jaar.

Die betalingsbedryf gaan teen 2017 $1 000 miljard se inkomste wêreldwyd skep soos wat al hoe meer e-handeltransaksies verwerk moet word, volgens Boston Consulting Group.

Mario Shiliashki, hoof van betalings by PayU, sê hulle soek heeltyd maniere om die vinnige organiese groei in bestaande markte te verhoog deur in nuwe tegnologie te belê. “Deur ’n leier in snel groeiende markte te wees, help dit ons vinniger as ander firmas groei.”

PayU fokus veral op Rusland, Indië en Afrika-lande waar aanlyn betalings in hul kinderskoene staan.

Iyzico is in 2013 gestig en word deur kleiner maatskappye sowel as wêreldreuse soos Amazon en Nike gebruik.

Nog net ’n klein persentasie kleiner Turkse maatskappye gebruik reeds digitale betalings en e-handel, volgens Barbaros Ozbugutu, uitvoerende hoof en medestigter van Iyzico.

’n Groot persentasie Turke het wel toegang tot die internet. Dis ook ’n relatief jong bevolking, wat groeimoontlikhede waarskynlik maak.

Naspers beoog om sy internasionale internetondernemings op 17 Julie op die Euronext Amsterdam te noteer. Dit sluit Naspers se belang in Tencent en Mail.ru in. Aandeelhouers stem op 28 Junie op ’n spesiale vergadering daaroor.

Naspers maak op 21 Junie sy resultate vir die boekjaar tot einde Maart bekend. – Bloomberg, bygewerk

  • Netwerk24 is ’n publikasie van Media24, ’n filiaal van Naspers.

Meer oor:  Payu  |  Iyzico  |  Naspers  |  Tegnologie  |  E-Handel  |  Finansiële Tegnologie  |  Fintech  |  Internet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.